Leesplan inligting

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af AanVoorbeeld

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

DAG 7 VAN 7

Solank Soos Julle Altwee Sal Lewe



Soek God. Stry regverdig. Geniet mekaar. Bly rein. Moet nooit moed verloor nie. Hierdie vyf ooreenkomste is die sleutel tot 'n suksesvolle huwelik. Ons het God egter nodig om al dié dinge te doen; ons kan dit nie in ons eie krag doen nie.



Laat die verlede in die verlede bly. Begin elke dag nuut. Van hierdie dag af aan, kan ons besluit hoe ons huwelik gaan wees. Ons kan nie die verlede verander nie, maar God kan ons toekoms verander. Hou jou huwelik ongekompliseerd, doelgerig en met Christus as die middelpunt. Dan sal jul die huwelik kan hê wat die meeste mense van droom.



Kom ons bid saam: God, help my om die einde van hierdie leesplan as 'n nuwe begin in my huwelik te sien. Ek gee U volle beheer oor elke deel van my lewe — ook my huwelik — sodat my lewe aan U eer kan bring. Ek wil deur my huwelik aan die wêreld wys hoe u liefde, verlossing, genade en vergifnis lyk. Ek belowe om U te soek. My huwelik het u teenwoordigheid en guns nodig. Baie dankie vir alles wat U tot dusver in ons verhouding vermag het. Baie dankie ook vir alles wat U nog in en deur ons gaan doen. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan ...

More

Baie dankie aan Zondervan, HarperCollins en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.zondervan.com/from-this-day-forward

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid