Leesplan inligting

WAAG DIT! Om lief te hêVoorbeeld

WAAG DIT! Om lief te hê

DAG 7 VAN 7

Die liefde is die meeste as God eerste is

Om God eerste te stel, seën jou huwelik meer as enigiets anders. Alles in die lewe kry nuwe waarde en betekenis wanneer dit instrumente word waardeur jy jou liefde vir God kan uitleef. In plaas daarvan om jouself die middelpunt van al jou verhoudings te maak, behoort jy al jou energie en bates as instrumente te gebruik om Hom te prys en te aanbid. ’n Man kan dalk dink sy huwelik sal daaronder ly as hy God sy grootste vreugde maak. Die teendeel is egter waar. Dit sal floreer namate hy nader aan die Een beweeg wat die huwelik geskep het en wat baie liewer vir sy vrou is as hyself. God verstaan beter as enigiemand anders wat jou huwelik nodig het.

Wanneer jy in Christus bly, sal die liefde wat jy vir jou huweliksmaat het tot oorlopens toe vermeerder. Deur elke dag sy liefde in te drink en dit op jou beurt weer aan Hom te betoon, vervul jou op maniere waarop jou huweliksmaat nie kan nie. Dit stel jou in staat om jou bruid of bruidegom soos nog nooit tevore nie te koester. Hoe dieper jou verhouding met God word, hoe meer sal jy soos Hy word, soos Hy dink en jou huweliksmaat net so hartstogtelik liefhê as wat Hy vir hom of haar is.

KYK DIEPER

Lees 1 Johannes 4:19-21. Hoekom het ons volgens hierdie Skrifgedeelte in die eerste plek lief? Kyk na hoe die Woord God ons herhaaldelik oproep om ander lief te hê.

Hierdie oordenkings is geneem uit WAAG DIT! OM LIEF TE HÊ – DAGSTUKKE deur Lawrence Kimbrough saam met Stephen en Alex Kendrick © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

WAAG DIT! Om lief te hê

Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Wat moet jy egter doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Hierdie 7-dag leesplan bied vars perspek...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid