Leesplan inligting

WAAG DIT! Om lief te hêVoorbeeld

WAAG DIT! Om lief te hê

DAG 4 VAN 7

Die liefde is jou posbeskrywing

Mense van elke volk, stam en taal het dit in gemeen – almal smag daarna om bemin te word. Dit is ingebore, Godgegewe, lewenslank en dit word ten diepste ervaar. “Sal iemand asseblief lief wees vir my?” is die woordelose uitroep wat vanaf advertensieborde, TV-programme, tydskrifte en T-hemde na ons toe opklink. Ons werk voortdurend daaraan om ander sover te kry om ons waarde raak te sien en ons met hulle aandag te bemoedig. Ons sal tot onsself vir iemand gee in die hoop dat ons liefde in ruil sal ontvang. Dit is egter ironies dat mense baie selde die fokus van hulleself verskuif sodat hulle hierdie behoefte in ander kan bevredig. Uit selfsug kan ons selfs ons eie huweliksmaat miskyk.

Die liefde is egter jou primêre verantwoordelikheid in die huwelik. Het jy nie voor die kansel beloof om jou maat lewenslank lief te hê nie? Is jy nie die een aan wie God die voorreg gegee het om jou maat se liefdestenk te vul nie? Onthou dit: Wanneer jou huweliksmaat jou liefde die minste verdien, is dit juis die tyd wanneer hy of sy dit die nodigste het. Niemand anders op die aarde is meer strategies geposisioneer, toegerus of geroep om jou huweliksmaat lief te hê soos jy nie.

GEBED

Here, ek dank U vir die huweliksmaat wat U vir my gegee het. Leer my om hom of haar lief te hê op ’n manier wat sy of haar behoeftes bevredig én U verheerlik. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

WAAG DIT! Om lief te hê

Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Wat moet jy egter doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Hierdie 7-dag leesplan bied vars perspek...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid