Leesplan inligting

WAAG DIT! Om lief te hêVoorbeeld

WAAG DIT! Om lief te hê

DAG 1 VAN 7

Die grootste hiervan is die liefde

Om vir God en ander lief te hê, is waaroor die lewe werklik gaan. Dit maak nie saak wie jy is of wat jy doen nie; al wat saak maak, is of jy ’n lewe van liefde gaan leef of nie. Daar is ’n groot verskil tussen die twee. Die een is onskatbaar ... en die ander een betekenisloos.

Liefde is die belangrikste bestanddeel in enige betekenisvolle verhouding. Dit is noodsaaklik vir ware betekenis. Jou lewenskwaliteit word direk verbind aan die hoeveelheid liefde wat in jou en deur jou na ander toe vloei. Alhoewel dit dikwels misgekyk word, is liefde oneindig kosbaarder as rykdom, roem of eer. Al hierdie dinge sal verbygaan, maar die liefde sal nooit vergaan nie. Sonder hierdie dinge kan jy steeds vervul wees, maar nie sonder die liefde nie.

Die afwesigheid van liefde skep ’n vernietigende leemte. Wanneer dit nie teenwoordig is nie, word jou geestelikheid oppervlakkig, jou liefdevolle dade selfsentrerend en jou opofferings vals. Jy kan verwag dat enige verhouding waar liefde nie jou motivering is nie, ironies en leeg sal voel — indien nie betekenisloos nie. Toe Jesus oor die grootste gebod gevra is, het Hy dit só opgesom: Om God lief te hê met alles wat jy is en jou naaste soos jouself. Sal jy ’n lewe van liefde aanneem?

UITDAGING

Begin hierdie week bid: “Here, leer my wat ware liefde is en maak van my ’n liefdevolle mens.”

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

WAAG DIT! Om lief te hê

Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Wat moet jy egter doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Hierdie 7-dag leesplan bied vars perspek...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid