Leesplan inligting

WAAG DIT! Om lief te hêVoorbeeld

WAAG DIT! Om lief te hê

DAG 3 VAN 7

Die liefde vereenvoudig

Die liefde vervul uiteindelik elke wet van God. Dit oortuig ons om alles te doen wat goed is en verbied ons om alles te doen wat boos is. Elke haatlike daad, subtiele misleiding of plan tot ontrouheid word verwerp wanneer liefde beheer in ons harte oorneem. Liefde vir God lei ons om Hom te gehoorsaam en aan Hom die regmatige, eervolle plek in ons lewens te gee. Wanneer ons dit doen, sal ons outomaties nie teen sy Naam sondig nie. Liefde vir ander verander ons gedrag ten goede en ontlont bose bedoelings namate die lig die duisternis verdring.

'n Man wat deur liefde gelei word, sal nie sy vrou of naaste bedrieg of verneder nie. Wanneer liefde ’n vrou se mond vul, moedig sy haar familie aan, in plaas daarvan om hulle af te breek. Wanneer jy op liefde fokus, sal jy van nature geduld, teerheid en vriendelikheid uitstraal. In plaas van die regte optrede en gesindheid uit jouself te probeer voortbring, moet jy die liefde toelaat om jou eerste reaksie en natuurlike ingesteldheid te word. Dan sal jy enige situasie met welwillendheid kan benader en sonder enige berou aan die anderkant uitkom.

KYK DIEPER

Lees Romeine 13:8-10 en bestudeer Paulus se verduideliking van hoe liefde al God se wette vervul.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

WAAG DIT! Om lief te hê

Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Wat moet jy egter doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Hierdie 7-dag leesplan bied vars perspek...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid