Leesplan inligting

WAAG DIT! Om lief te hêVoorbeeld

WAAG DIT! Om lief te hê

DAG 6 VAN 7

Die liefde is die beste as God eerste is

Om liewer vir jou huweliksmaat te wees as vir God, is ’n vorm van afgodery. Heeltemal te veel huwelike ly hieronder. Dit plaas ’n skepsel hoër as die Skepper. God moet altyd die eerste en primêre Een wees om ons liefde te ontvang. Hy het ons geskep om Hom lief te hê, en iets onbeskryflik moois gebeur wanneer ons alles wat ons is, inspan om alles wat Hy is te behaag. Dit is behoorlike aanbidding van die Een wat dit waardig is.

As liefde die beste is wat jy kan gee, is om lief te hê met alles wat jy is die beste uitdrukking wat jy ooit kan maak. Verder nog, as God die hooffokus van jou liefde is, ontwaak dan en sien die kosbare doel wat jy moet vervul. Jy is bedraad, beveel en uitgenooi om die allerbeste op die beste manier vir die beste Een te doen. Daar is geen hoër roeping nie. Jou roeping is die belangrikste in die ganse skepping, want jy is na sy beeld geskape en daarom uniek ontwerp om liefde uit te druk op maniere waarop die res van die natuur dit nie kan doen nie.

Gryp hierdie ewige voorreg aan. Laat elke asemteug ’n geleentheid wees om te leer hoe om die God wat jou eerste liefgehad het, nog liewer te hê.

UITDAGING

Besluit om hierdie week elke dag ’n paar minute vir God op sy te sit. Sluit daarby gebed en Bybelstudie in.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

WAAG DIT! Om lief te hê

Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Wat moet jy egter doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Hierdie 7-dag leesplan bied vars perspek...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid