Leesplan inligting

WAAG DIT! Om lief te hêVoorbeeld

WAAG DIT! Om lief te hê

DAG 2 VAN 7

Die liefde is die lewe se motiveerder

Woede kan die haat in ’n man se hart aanblaas totdat hy lus voel om sy vyand aan te val. Liefde kan egter goedertierenheid in sy hart tot stand bring sodat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Selfsug kan ’n vrou daartoe dryf om haar greep te verstewig en haar hulpbronne vir haarself op te gaar. Liefde kan haar egter inspireer om haar hande oop te maak en selfopofferend te gee. Liefde is die reinste en kragtigste motiveerder. Dit gee ’n lafaard moed en wysheid aan ’n dwaas.

Wanneer die krag van liefde jou hart in besit neem, word jy bemagtig om dieper pyn te verduur, om in bereidwilligheid ’n groter prys te betaal en om jou reputasie te waag ter wille van iemand anders. Liefde motiveer ’n soldaat om sy lewe vir sy land af te lê, vir ’n ma om sonder ophou vir haar kind te bid en vir ’n genadige God om sy enigste Seun te stuur om vir ons sonde te sterf. Dit is hoe kragtig die liefde is.

Die apostel Paulus het regdeur sy lewe aanrandings, intense vervolging en ander beproewings verduur. Hy het dit net om een rede gedoen: die liefde van Christus het hom daartoe gedring. As liefde die dryfkrag agter jou besluite is, wat sal jy dan vir jou huwelik doen?

KYK DIEPER

Lees 1 Korintiërs 13. Nadat jy die hele gedeelte gelees het, lees weer vers 4-7. Vervang hierdie keer die woord “liefde” of “dit” met jou eie naam. Sluit dan af met gebed en vra God om dit ’n realiteit in jou lewe te help maak.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

WAAG DIT! Om lief te hê

Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Wat moet jy egter doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Hierdie 7-dag leesplan bied vars perspek...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid