Leesplan inligting

WAAG DIT! Om lief te hêVoorbeeld

WAAG DIT! Om lief te hê

DAG 5 VAN 7

Die liefde is vrugbare grond

Wanneer ons ’n lewende saad in vrugbare grond plant, verwag ons dat dit sal ontkiem en blom. Net soos blomme in ’n kweekhuis voorsien word van die ideale omgewing waarin hulle kan groei, voorsien ’n huis wat met liefde gevul is, die ideale atmosfeer vir mense om in te blom.

Ons weet kinders wat in liefdevolle families grootword, is geneig om dieper te slaap, meer selfvertroue te hê en verder in die lewe te kom as dié wat nooit heeltemal van hulle ouers se liefde verseker is nie. As jy dus aan jou huweliksmaat veilige, liefdevolle grond voorsien om in te groei, is die kans groter dat hy of sy met selfvertroue sal floreer, bewus van jou waardering en sekuriteit.

Wat gebeur wanneer iemand deur die jare liefde ontvang? Sy behoeftes word bevredig, drome aangemoedig, menings aangehoor en sukses geprys. Hulle is verseker van jou geduld en vergifnis wanneer hulle misluk, en vry om hulleself eerlik uit te druk sonder enige vrees dat jy hulle sal veroordeel. Hulle sal selfs intense tydperke van teleurstelling deurstaan te danke aan die standvastigheid wat jou liefde voorsien. Erken dit – ons almal sal daarvan hou om op dié manier bemin te word.

VRAE VIR NADENKE

Hoe gaan jou huweliksmaat voortaan beïnvloed word deur by jou te bly? Sal hy of sy stralend of hartseer word? Vol selfvertroue of kwaad? Sal jy dit waag om ’n liefdevolle omgewing te skep waarin jou huweliksmaat kan groei?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

WAAG DIT! Om lief te hê

Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Wat moet jy egter doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Hierdie 7-dag leesplan bied vars perspek...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid