Leesplan inligting

Sy Groot Opoffering, Ons SendingopdragVoorbeeld

His Great Sacrifice, Our Great Commission

DAG 10 VAN 10

‘n Uittreksel: Hulle Enigste Begeerte is die Waarheid deur Bob Hoskins

Die krag van die evangelie is nie gesetel in ‘n gebou of ‘n mens nie. Die krag van die evangelie is die evangelie self! Die evangelie is God se reddende krag vir elkeen wat glo! Die Heilige Gees word geensins met ‘n bepaalde nasionaliteit geassosieer nie – Hy neem mense uit alle nasionaliteite aan! Mensgemaakte wette en regulasies kan die Heilige Gees nie inperk nie. Die werking van die Heilige Gees funksioneer sonder ‘n paspoort. Die Heilige Gees beweeg onbegrens en niks en niemand kan sy oppermagtige bewegingskrag onder mense stuit nie.



Ons is nie oordrewe selfversekerd om aan te neem dit behaag God wanneer ons in geloofsvertroue momentum gee aan die opdrag om die evangelie aan al die bewoners van die aarde te verkondig nie. Ons is nie verwaand om met geloofsvertroue te verklaar dat ons die wêreld met die evangelie van die Here Jesus Christus wil versadig nie. God self het hierdie opdrag gegee, daarom tree ons nie aanmatigend op nie!



Hoe onmoontlik dit mag lyk om die evangelie aan die ganse mensdom te verkondig, is dit wel saam met God moontlik. Daarby is dit nie vergesog om te glo dat dit wêreldwyd kan gebeur en Hy ons getrou sal ondersteun as ons die opdrag uitvoer nie. Hy sal ons volkome toerus met vermoëns en vaardighede asook die geld, toerusting en alle nodige middele voorsien om die opdrag te voltooi. God sal dit laat gebeur. Mense sal daaraan gehoor gee.
Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

His Great Sacrifice, Our Great Commission

Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid