Leesplan inligting

Sy Groot Opoffering, Ons SendingopdragVoorbeeld

His Great Sacrifice, Our Great Commission

DAG 6 VAN 10

‘n Uittreksel: Hoop Teweeggebring deur Rob Hoskins

‘n Groep Christengelowiges van ‘n plaaslike kerk het eendag die skool besoek waar Elienne 'n student was en ‘n boek getiteld “The Book of Hope” (Die Boek met Hoop), vir elke student geskenk. Die groep het ‘n kort toneelopvoering gebruik om aan die jongmense, soos Elienne, te demonstreer hoe lief God hulle het. Tot vandag toe is dit iets wat Elienne glashelder onthou.



Eerstens, het ‘n jongman ‘n suigstokkie vir een van die studente aangebied wat hy op die grond laat val het om vuil te word net voor hy dit vir hom gegee het. Wou die student dit nog hê? Nee, natuurlik nie; dit het onsmaaklik gelyk!



Daarna het hy die suigstokkie met ‘n bedrag van R1 000 vervang, en weereens, net voor hy dit wou gee het hy die note op die grond laat val. Hy het gebuk, die note opgetel en gevra of die student dit nog wil hê, aangesien dit nou stowwerig was. Natuurlik het die note se waarde nie verminder nie, en die student was steeds gretig om dit te kry.



Elienne onthou sy verduideliking: "Al was die suigstokkie nie meer so begeerlik toe dit vuil geword het nie, is ek en die ander jongmense vir God nog van dieselfde waarde as die bedrag note. Ongeag die menige kere wat ons sondige gedrag ons laat struikel en val, is ons altyd van onskatbare waarde in God se oë. Die jongman het ons herinner aan God se liefde vir ons en hoe belangrik ons vir ons Skepper is.”
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

His Great Sacrifice, Our Great Commission

Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid