Leesplan inligting

Sy Groot Opoffering, Ons SendingopdragVoorbeeld

His Great Sacrifice, Our Great Commission

DAG 4 VAN 10

‘n Uittreksel: So sal … die Uitbreiding van ‘n Gelowige Nageslag deur Rob Hoskins

Kantaantekening: Hierdie uittreksel maak ons bewus van die voorwaarde waarop die vervulling van ‘n belofte van Christus in Johannes 15:16b berus: “So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.” Die belofte is verbind aan ‘n opdrag wat dikwels misgekyk word, naamlik om getuies te wees vir die uitbreiding van ‘n gelowige nageslag: “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou” (Johannes 15:16a). Indien ons getrou hierdie opdrag uitvoer, “so sal” die Vader dan getrou wees om ons die antwoorde te gee wat ons soek.



Jesus het nie gesterf sodat hongeriges van voedsel, siekes van medisyne en armes van warm klere voorsien kon word nie. Hy het sy lewe aan die kruis op Golgota vir ons sondes geoffer; sodat die siele van die ganse mensdom gered kon word.



Die Vader se doel is om siele te red. Jesus het aan almal van ons ook die sendingopdrag gegee toe Hy ons sy vriende genoem het. Wanneer ons siele vir Christus wen, dra ons vrug vir die koninkryk van God.



Al voed ons elke verhongerde kind in Afrika, maar laat na om die koninkryk van God na hulle te bring — deur Jesus Christus aan te neem as Verlosser en Saligmaker — bewys ons aan hulle geen guns nie. Hulle sal steeds tot die ewige verdoemenis veroordeel word. Selfs as ons vir elke hawelose persoon in Suid-Afrika ‘n huis bou, sonder om hulle na Jesus, ons Verlosser te lei, het ons hulle toekoms nie noemenswaardig verander nie. Ewigdurende verwydering van God sal steeds hul bestemming bly. Al verskaf ons die beste medisyne aan slagoffers wat deur siektes en rampe getref is, maar stel hulle nie bekend aan die groot Geneesheer wat hulle siele kan genees nie, is hulle steeds vir ewig verlore.



Ons doel is om vrugte vir die koninkryk van God te dra; terwyl God se doel is om daardie siele te red. Terwyl ons alles in ons vermoë moet doen om die fisieke behoeftes van gelowiges en ongelowiges te verlig, moet ons hoofsaaklik besorg wees oor ons opdrag om getuies vir Christus te wees deur blywende vrugte vir die koninkryk van die hemel te dra. Kos en medisyne word opgebruik, maar siele is onverganklik.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

His Great Sacrifice, Our Great Commission

Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid