Leesplan inligting

Sy Groot Opoffering, Ons SendingopdragVoorbeeld

His Great Sacrifice, Our Great Commission

DAG 2 VAN 10

‘n Uittreksel: Die Onvernietigbare Saad deur Bob Hoskins



Carl Sagan, die welbekende humanisties-gesinde sterrekundige en wetenskaplike, het dikwels sy verwondering oor die hemelruim se “ontelbare” sterre te kenne gegee. Nogtans, het Sagan God se bestaan ontken. God se ontsagwekkende skepping het nie sy siening verander nie.



Dit is hartseer, want as Christene is ons in vele opsigte presies soos hierdie ateïstiese wetenskaplike. Ons is verstom oor die ontelbare aantal verlore siele, maar ons word nie tot optrede beweeg nie.



Wat is dus ons verskoning?



Sommige is van mening dat die probleem te groot is — te veel mense wat nooit almal bereik kan word nie. So ‘n uitlating ontken egter die krag van God en verloën die werklikheid van wat mense reeds deur die Woord van God bereik het.



Ons het beleef hoe die Woord van God die effek van hongersnood, dwelmgebruik, Marxisties- kommunistiese beginsels en oorlog, deurslaggewend omgekeer het. Ons het ervaar hoe die Heilige Skrif die verslae gees van ‘n hawelose vlugteling vernuwe en die ondergrondse kerk bemagtig om hulle uitdagings die hoof te bied.



Ons het eerstehandse kennis dat niks op aarde groter krag as die Woord van God het nie.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

His Great Sacrifice, Our Great Commission

Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid