Leesplan inligting

Sy Groot Opoffering, Ons SendingopdragVoorbeeld

His Great Sacrifice, Our Great Commission

DAG 1 VAN 10

‘n Uittreksel: … En Ek Het Langs Hazel Hoskins Gesit

Ingeryg soos sardientjies in Pastoor Felix se ou Opel Kadett – warm en sweterig van die Kroatiese son − was ons onderweg van Zagreb na Sarajevo. Vergeleke met die afgryslikheid wat voor ons oë besig was om te ontvou, was ons ongemak van minder belang ...



Met elke draai in die pad was daar nuwe tonele van die oorlog se gevolge. Bykans geen dorpie het bombardering of mortiervuur ontkom nie. Die geboue wat nie verwoes is nie, was heeltemal bouvallig. Woonhuise is geplunder tot geraamtes. Enige mure wat behoue gebly het, is met koeëlreën gepeper. Die herinneringe aan diegene wat hier gesterf het, was vreesaanjaend.



Ons het die bergagtige gebied genader waar ons vir middagete sou stop. Die landskap het ingrypend verander – die volslae vernietiging het plek gemaak vir asemrowende skoonheid; die donderende geraas van watervalle, kristalhelder mere in skakerings van turkoois, toringhoë dennebome en silwerkleurige berkebome … waarlik ‘n tuin van Eden.



Hemelse Vader, U het die wêreld so mooi geskape. Van die skepping af het die sonde van boosheid en hebsug sy aaklige kop uitgesteek. Die mens het u perfekte skepping vernietig.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

His Great Sacrifice, Our Great Commission

Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid