Leesplan inligting

Sy Groot Opoffering, Ons SendingopdragVoorbeeld

His Great Sacrifice, Our Great Commission

DAG 9 VAN 10

‘n Uittreksel: … En Ek het langs Hazel Hoskins gesit



My God, my God, waarom het U my verlaat?

Het Jesus aan die kruis hard uitgeroep:

Terwyl die dorings sy voorhoof verbrysel

En hy in inmekaar getrek het van ondraaglike pyn



Vader God, is U daar? Gee U om?

STILTE

Alleen, in die steek gelaat, vergete

So het dit vir die Seun gelyk;

Maar God was besig om sy plan in besonderhede uiteen te sit

Sy ewige plan.



My God, my God, waarom het U my verlaat?

Het ek in my wanhoop hard uitgeroep;

Is U daar? Gee U om?

STILTE

Ek vra nie vir ‘n sterk wind … ‘n visioen nie

‘n Sagte fyn stem sal genoeg wees.

Maar hoekom die stilte?

Ek weet ek het u Woord om aan vas te hou

Maar ek begeer om u stem hoor …

U aanraking te voel

U liefde te ondervind.



God is getrou. Sy belofte bly altyd van krag, ongeag omstandighede. Hy is altyd teenwoordig en is nooit stil nie. Ons moet meer sensitief raak om God se stem te herken. Hy bestaan werklik en is ‘n persoonlike, liefdevolle en barmhartige God wat sy kinders voortdurend ondersteun om unieke roepings te vervul, geestelike sintuie vir kommunikasie met God skenk en toerus met gawes en vaardighede ter bevordering van die uitbreiding van sy koninkryk.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

His Great Sacrifice, Our Great Commission

Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid