Leesplan inligting

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

DAG 9 VAN 9

Om die Nalatenskap Oor te Dra


As wyse rentmeesters, behoort ons rykdom in alle vorms aan toekomstige geslagte oor te dra. Die maklikste vorm van kapitaal om oor te dra, is finansieel, maar dit behoort in die meeste gevalle die laaste vorm van kapitaal te wees om oor te dra, weens die wesenlike gevaar wat dit inhou.


Ek weet baie van diegene wat hier lees, beskou hulself nie as finansieel welgesteld nie, en dit maak nie saak nie. Ons is egter almal rentmeesters van die verhaal wat God ons gegee het. Dit is 'n goeie verhaal en bevat gedeeltes van pyn en groot vreugde. Dit is egter ons verhaal, 'n verhaal van verlossing en hoop.


Hier wil ek graag as vader, selfs as oupa, praat met dié wat hier lees. Ons roeping is vandag om ons verhaal te bewaar en oor te dra — ons nalatenskap — aan hulle wat ná ons kom. Ons kinders, ons kleinkinders en ons agter-kleinkinders. Selfs daardie kinders wat ons nooit sal ken of sien nie.


Ek dink God het altyd beoog dat een geslag hul verhaal aan die volgende sal vertel; en hulle weer op hul beurt hul verhaal aan die geslag wat volg sal vertel sodat dit 'n voortgesette verhaal sal wees. Ons wekroep is: as ons hierdie idee herstel — dat ons lewens ingestel is om ons rykdom aan toekomstige geslagte oor te dra — dan sal dit weer na ons terugkeer in die vorm van toekomstige geslagte wat Christus met oorgawe volg.


Dalk is dit vir só 'n tyd wat God manne, vroue en kinders roep om te lewe — en om te strewe na idees wat groter as hulself is en in groter dinge as hulself te belê. As ons dit doen, sal ons blywende verandering en hoop aan die wêreld bring.


Toepassing: Dit is een ding om deur 'n oordenking geïnspireer te word, maar iets heeltemal anders om dit deur te voer. Wat kan jy doen om jou nalatenskap 'n prioriteit in jou lewe te maak?


Hierdie leesplan is gebaseer op die boek Giving It All Away ... and Getting It All Back Again, deur David Green, Hoof Uitvoerende Beampte en stigter van "Hobby Lobby". Bestel die hele boek aanlyn by www.mardel.com/david_green


Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verande...

More

Ons bedank graag vir David Green en Zondervan vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.givingitallawaybook.com vir verdere inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid