Leesplan inligting

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

DAG 7 VAN 9

Die Kuns om Oor te Dra na Toekomstige Geslagte


Ons hoor die woord "ekonomie" so dikwels in die media dat ek wonder of ons werklik die betekenis ken. Dit word hoofsaaklik gebruik om aan te dui hoe ons land op monetêre gebied vorder. Dit is egter net een manier om daarna te kyk. Vir my is dit duideliker om ekonomie te verstaan as die "versigtige bestuur van hulpbronne". Dit dui aan dat daar 'n behoefte aan 'n rentmeester is — die persoon wat verantwoordelik is vir daardie versigtige bestuur van die hulpbronne.


In Spreuke, in die Ou Testamentiese boek se laaste hoofstuk, is 'n beskrywing wat as die "Spreuke 31-vrou" bekendstaan. As jy die hoofstuk lees, sal jy agterkom dat die vrou wat beskryf word, 'n ekonoom van wêreldgehalte is.


Sy is 'n versigtige bestuurder van al haar hulpbronne: intellektueel, sosiaal, finansieel, geestelik en sy is selfs beeldskoon. Haar getroue werk is aan haar geestelike ywer vir God verbind. Sy eer en verheerlik God en haar lewe is 'n uitdrukking daarvan deur haar briljante rentmeesterskap. Ons kan almal by hierdie wonderlike vrou leer hoe om die noukeurige bestuur na te strewe van alles wat God ons gegee het.


Toepassing: As jy na die voorbeeld van die vrou in Spreuke 31 kyk, wat doen jy reg? Waar is daar by jou ruimte vir verbetering?


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verande...

More

Ons bedank graag vir David Green en Zondervan vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.givingitallawaybook.com vir verdere inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid