Leesplan inligting

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

DAG 2 VAN 9

Slegs Een Lewe                                                                        


Ek hou so baie van die Britse krieketspeler en sendeling, C.T. Studd, se gedig "Slegs Een Lewe". Die dele wat my regtig roer is: "Slegs een lewe, dit sal binnekort verby wees, slegs wat vir Christus gedoen is, sal vir ewig duur" (vrye vertaling).


Ek glo dat God ons op hierdie aarde geplaas het om te werk, te verdien en vir hulle wat Hy aan ons toevertrou het, te sorg. Tog glo ek ook dat ons hier op aarde is om te gee, om onsself toe te wy aan 'n ingrypende kenteken van vrygewigheid wat lewens verander en 'n nalatenskap agterlaat. Om God se woorde aan die patriarg, Abraham, te omskryf — ons word geseën sodat ons 'n seën vir ander kan wees.


Wat bedoel ons egter wanneer ons praat van "geseënd wees"? In ons samelewing, mag dit as finansiële seën verstaan word. Finansies kan beslis deel daarvan wees. Ek glo egter dat die seën waarna God verwys, soveel meer insluit:


  • Gesin

  • Vriende

  • Talente

  • Vryheid

  • Opvoeding

So kan ek met die lysie aangaan.  


Wanneer ek oor al die seëninge nadink wat ek ontvang het, is dit vir my moeilik om myself nie te onderbreek en my Here en God eers te dank nie. Sy hart is vrygewig. Sy seëninge strek wyd en is ryk.


Toepassing: Maak 'n lys van al jou seëninge. Hoe kan jy hierdie seëninge vir ewige doeleindes aanwend?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verande...

More

Ons bedank graag vir David Green en Zondervan vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.givingitallawaybook.com vir verdere inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid