Leesplan inligting

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

DAG 1 VAN 9

'n Voortgesette Nalatenskap


Ons vrae verander in ons verskillende lewensstadiums. Ons is geneig om in ons twintigerjare te vra: "Met wie gaan ek trou en watter loopbaan sal ek volg?" In jou dertigerjare vra jy: "Hoe kan ek in my loopbaan gevestig raak en watter soort mense sal my kinders word?"


Teen jou veertigerjare begin vra jy: "Is dit die werk wat ek regtig graag wou hê en waarom is die lewe so moeilik?" Jy begin in jou vyftigerjare beide terug- en vorentoe kyk: "Hoe het dit tot dusver gegaan en wat sal ek oor die volgende vyf-en-twintig jaar doen wat betekenisvol is?"


Ons vra eenvoudiger vrae teen ons sestigerjare, soos: "Sal my gesondheid goed bly en wanneer sal ek my kleinkinders sien?" Teen ons sewentigerjare begin ons regtig terugkyk en vra: "Was alles die moeite werd of sal enigeen onthou?"


Wanneer ons tagtig haal, is dit enersyds moontlik dat ons besittings nie meer so belangrik is nie. Andersyds, is dit die ontasbare dinge wat aan ons groter vreugde gee, soos:


  • 'n Oproep van 'n vriend

  • Die aanraking van jou huweliksmaat se hand

  • 'n Stil wandeling om God se skepping waar te neem

  • Die teenwoordigheid van jou kinders

  • Die skaterlag van jou kleinkinders

Wat vreemd van ons lewensvrae is, is dat dié wat ons teen die einde vra, ons eintlik mee behoort te begin. Dit is 'n uitdaging om 'n betekenisvolle lewe te skep sonder om die einde te deurdink: waarvoor hoop en waaroor droom ons ten opsigte van ons lewens, ons gesinne en ons kinders?


Ek hoop dat ons sommer nou kan begin met sommige van die vrae wat ons uitstel — oor ons sterflikheid, oor ons sin van betekenis en sukses. Hopelik besef ons dat ons nie oor eindes praat nie, maar oor voortgesette nalatenskappe.


Toepassing: Wat beteken sukses vir jou? Sal sukses teen die einde van jou lewe vir jou anders lyk?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verande...

More

Ons bedank graag vir David Green en Zondervan vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.givingitallawaybook.com vir verdere inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid