Leesplan inligting

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

DAG 3 VAN 9

Die Onsigbare Nalatenskap


Dit is nie slegs geld wat ons geslag hoop om as nalatenskappe na die volgende geslag oor te dra nie. Alhoewel geld belangrik is, behoort ons ook dankbaar te wees as ons genoeg het om aan ons kinders na te laat. Tog is die grootste gedeelte van ons nalatenskap onsigbare dinge. Dit bestaan uit ons gesin se verhale wat ons moet vertel. Dit is ook die waardes wat deur hierdie verhale geleer word. Dit is die drome en werk en die tye van God se voorsiening wat waardes geskep het, nie slegs materiële rykdom nie, maar die waardes wat soveel meer as geld is.


Dit is onsigbare eienskappe, nie geld nie, wat die lewe die moeite werd maak. Dis te danke aan hierdie eienskappe dat ons 'n nalatenskap kan agterlaat wat die moeite werd is. Die karaktereienskappe wat my vorige geslag aan my oorgedra het, was van onskatbare waarde. Dit het my gevorm in die man wat ek vandag is. Karaktertrekke soos deursettingsvermoë, lojaliteit en genade is slegs 'n paar voorbeelde van hierdie onsigbare nalatenskap.


Rykdom kan 'n versameling van geld wees, maar rykdom kan ook in die vorm van middele, idees, kennis, wysheid, ensovoorts wees. As ek en jy leer om ons nalatenskap en rykdom gelyk te stel aan méér as geld, maak 'n wêreld vir ons oop. Ons besef ons het so baie waaroor ons rentmeesters moet wees en waarvoor ons moet sorg.


As ons slegs geld aan die volgende geslag nalaat, lê ons 'n geweldige las op hulle. 'n Erflating van groter waarde is ons totale lewenswyse, dit waarin ons glo en die inhoud van die drome wat ons na sukses dra. Dit is wat die volgende geslag die meeste van ons nodig het en waarvoor hulle ook hulself moet voorberei om aan die toekomstige geslag oor te dra.


Toepassing: Hoe kan een geslag op praktiese wyse hul idees en waardes aan toekomstige geslagte kommunikeer?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verande...

More

Ons bedank graag vir David Green en Zondervan vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.givingitallawaybook.com vir verdere inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid