Leesplan inligting

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

DAG 6 VAN 9

Die Nalatenskap van Werk


Die wil van God vir jou en my, en ons kinders, vind ons baie duidelik in Prediker 9:10a: "Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen ...".


In watter werk ons ons ook al in hierdie lewe bevind — al is dit om pannekoek te bak — is ons geroepe om dit goed te doen en tot die verheerliking van God. Ons lees in die Bybel dat dit deur God is wat ons bevordering kry, nie deur ons base nie. As jy nie jou bes doen wanneer jy daardie pannekoeke bak terwyl jy vir 'n beter werk wag nie, twyfel ek of jou drome ooit verwesenlik sal word.


Ons durf nie ons kinders die ervaring van werk te misgun nie. Ons moet die verwagting hê dat hulle alles sal insit. Ons kan nie toelaat dat ons persoonlike of korporatiewe voorbehoude hulle van hierdie noodsaaklike les ontneem nie. Wat wil God dalk deur die lewe of talente van jou kind of kleinkind doen? Jy sal waarskynlik nie weet as jy hul werkervaring kortknip nie.


Ja, ek ken die skuldgevoel wat oor ons kom wanneer ons sien hoe ons kinders finansieel sukkel. Dis baie moeilik om hulle nie in hul nood te hulp te snel nie. As ons dit egter doen, sal ons hul ontwikkeling belemmer.


Die rykdom wat ons skep, is soos 'n vreugdevuur. As dit beheer word, kan dit ons gesinne verwarm. As ons dit egter toelaat om handuit te ruk, kan dit vernietigend wees. Dit is wat deesdae al te dikwels in welgestelde gesinne regoor die wêreld gebeur.


God het niemand op hierdie aarde geplaas om bloot op 'n jag te sit nie. Hy het ons hier geplaas om die werk te doen wat Hy aan ons toevertrou het. As ons dus 'n nalatenskap van vrygewigheid wil oordra, moet ons nooit die waarde van werk en die uitwerking daarvan op ons lewens vergeet nie.


Toepassing: Dink na oor die krag van werk in jou lewe en in die wyer samelewing. Wat is dit wat werk in 'n mens voortbring? Hoe vorm dit 'n mens?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verande...

More

Ons bedank graag vir David Green en Zondervan vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.givingitallawaybook.com vir verdere inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid