Leesplan inligting

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

DAG 4 VAN 9

Reis tot Vrygewigheid


Die kern van enige betekenisvolle lewe en nalatenskap, behoort 'n visie vir vrygewigheid te wees, 'n begrip van wat dit beteken om 'n seën vir ander te wees. Die waarde daarvan om vir die kerk, die sending en vir mense te gee, moet eers as 'n voorbeeld gestel word en dan onderrig word sodat die volgende geslag vrygewigheid as hul roeping sal nastreef. As 'n mens eers 'n begrip soos vrygewigheid hul eie gemaak het, is dit makliker om die verantwoordelikheid wat daaraan verbonde is, te verstaan.


Op my eie lewensreis het ek ontdek dat die tydsberekening van vrygewigheid jou hart aan God openbaar. Daardie stap wat jy neem om aanlyn die "Donasie"-knoppie te druk, kan uitdagend wees. Tog hang dit van vertroue af. Vertrou en glo ek regtig dat God nog dieselfde God is wat Abraham se hand gekeer het om nie sy seun te offer nie en toe 'n skaapram wat aan sy horings in 'n bos vasgevang was as offer voorsien het? As my antwoord "ja" is, dan is daar gevolge, maar ook goeies.


Dit beteken, as gevolg van God se getroue voorsiening, kan ek selfs in moeilike tye met vreugde gee. God wil dikwels net hê dat ons die eerste tree moet neem. Dit kan so eenvoudig wees soos om te beplan hoe om skuldvry te word of om te beplan om 'n sendelinggesin vir 'n dekade te onderhou. Dit is die eerste tree. As ons onsself eers verbind het, het ek agtergekom dat God Homself spoedig in daardie poging openbaar.


Dit maak nie saak of ons gawes uit rykdom of nederige omstandighede kom nie. God kan nie wag dat ons onsself in die vreugde van vrygewigheid sal begewe nie. Ons moet Hom net vertrou en daardie eerste treetjie gee.


Toepassing: Was daar al 'n geleentheid waar jy geweet het God wil hê jy moet iets moeilik en met uiterste geloof doen? Het jy dit deurgevoer of was jy uiteindelik spyt dat jy dit nie gedoen het nie?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verande...

More

Ons bedank graag vir David Green en Zondervan vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.givingitallawaybook.com vir verdere inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid