Leesplan inligting

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te VierVoorbeeld

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

DAG 1 VAN 8

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Vandag is Palmsondag. Op Palmsondag dink ons aan die dag wat Jesus op 'n donkie Jerusalem binnegery het — soos 'n mededingende koning wat die keiser en sy Romeinse ryk uitdaag.

Net soos enige ander ryk, het Rome sy mense met 'n dreigement van die dood beheer. Jesus het egter gekom om die gunsteling wapen van alle konings onskadelik te maak deur te sterf en daarna uit die graf op te staan. Jesus se sewende en laaste wonderwerk is in die evangelie van Johannes opgeteken. Hy het sy vriend, Lasarus uit die dood opgewek (Johannes 11:43-44). Dit is die finale bewys dat Jesus se koningskap die dood ontwapen en lewe skenk. Al Jesus se wonderwerke verwys op een of ander manier hierna. Om water in wyn te verander, 'n siek seun te genees, 'n verlamde uit sy bed op te rig, meer as 5 000 mense met 'n seuntjie se middagete te voed, is almal opstandings op klein skaal. Die volk van Israel het maar vaagweg 'n benul gehad wat al hierdie dinge beteken. Vir hulle was Jesus die langverwagte Messias, die beloofde koning van Israel, wat sou kom om hulle liggame gesond te maak, hulle te voed en die genadelose regering van Rome te vernietig. In 'n baie belangrike sin, was hulle ook reg (Johannes 6:14). Toe Jesus die donkie bestyg (die tradisionele rydier van konings), en Jerusalem binnery, sien die volk dit as die seremonie waarin hul Messias, wat die dood oorwin het, gekroon word. Met wuiwende palmtakke versamel 'n skare om Jesus en sing uit Johannes 12:13: "Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: '[Hosanna] Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!'”

Johannes verduidelik dat dit alles gebeur het om die profesie van Sagaria te vervul (Sagaria 9:9-10). Jesus het doelbewus op 'n donkie gery om hul hoop aan te vuur dat Hy die koning is vir wie hulle gewag het. Hy is die koning wat die dood kan oorwin. Hy sal oorwinning behaal oor alle mededingende aansprake op sy troon en sal sy volk kom red (Johannes 12:15-16). Daarom skree hulle "hosanna", wat beteken "red ons". Dit is die kreet van hulle wat lank moes wag vir die koning oor wie Sagaria geprofeteer het. Anders as ander konings, het Jesus nie gekom om dood te maak nie, maar om self te sterf. Net soos 'n saad wat eers moet sterf voordat dit 'n boom kan word, moes Jesus eers begrawe word voordat sy koninkryk kom. Hy moes eers sterf om die dood te oorwin. Enigeen wat by sy koninkryk wil aansluit, moet gewillig wees om sy dood te aanvaar (Johannes 12:24-26). Die rede hoekom Jesus aarde toe gekom het, was nie om koninkryke met die dood te oorwin nie, maar om onder hulle gesag te sterf (Johannes 12:27). Jesus ry Jerusalem soos 'n koning binne, maar soos 'n koning wat weet, die dood is die enigste weg na oorwinning.

Dit is hoekom hierdie gebeure en onderrig nie vir almal tevrede gestel het nie, veral nie die Joodse godsdienstige instelling nie. Baie onder die vooraanstaande godsdienstiges het nie geglo dat Israel se ware koning só sou ly nie. Hulle voorstelling was dié van 'n Messias wat sou veg en wen. Hulle kon hulle nie 'n koning indink wat nie kom om dood te maak nie. Hulle het nie besef dat hul grootste bedreiging nie Rome was nie, maar die dood self. Omdat hulle onwillig was om 'n koning te aanvaar wat Hom gewillig aan die dood en lyding onderwerp het, was hulle verplig om Hom teen te staan en te verwerp.

Palmsondag is vir ons goeie nuus omdat Jesus aankondig dat Hy gekom het om deur sy dood die koninkryke van hierdie wêreld te onttroon en te ontwapen. Ons het die keuse om die mededingende koningskap van Jesus te aanvaar of ons kan onsself vereenselwig met die huidige heersende magte. Ons kan Jesus se dood aanvaar as die weg tot 'n nuwe lewe of veg om ons bekende lewenstyl te handhaaf. Ons kan trou aan Jesus se koninkryk beloof of by die godsdienstige instelling aansluit en Hom verwerp. Ek bid dus dat jy op hierdie Palmsondag vir Jesus sal aanvaar as die Koning wat gesterf en opgestaan het, om aan te dui dat die dood en die koninkryke wat dit toepas, oorwonne is.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waar...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.spokengospel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid