Leesplan inligting

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te VierVoorbeeld

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

DAG 8 VAN 8

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Vandag is Opstandingssondag. Op Paassondag, dink ons terug aan die dag wat Jesus uit die dood opgewek is.

Jesus het vir 'n volle twee nagte in sy graf gelê nadat Hy as 'n bedreiging vir die Romeinse en Joodse magte tereggestel is. Jesus se dissipels, volgelinge en gesin het vir twee volle nagte oor Hom geween. Vir twee volle nagte het dit voorgekom dat die slinkse planne van Rome, die korrupte godsdienstiges en duisternis oorwin het — totdat daar 'n aardbewing was. 'n Engel in lang, wit klere het verskyn en die klip voor Jesus se graftombe weggerol terwyl die wagte gebewe en soos dooies geword het (Matteus 28:2-4).

Teen sonop het 'n groepie vroue Jesus se graftombe genader om sy liggaam te balsem (Markus 16:1-2). Terwyl hulle egter naderkom, sien hulle dat die graftombe reeds oopgemaak is (Markus 16:4). In die graftombe was 'n engel met lang wit klere. "'Moenie skrik nie!' sê hy vir hulle. 'Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het'" (Markus 16:6). Die engel gee die vroue toe opdrag om die tuin te verlaat en vir Jesus se dissipels te gaan vertel wat hulle gesien het: Jesus lewe!

'n Entjie verder verskyn Jesus aan hulle en hulle buig onmiddellik voor hulle koning neer (Matteus 28:8-9). Met die graf agter Hom, is Jesus nou koning oor die lewe en die dood. Hy is ook die enigste Een in menseheugenis om uit die dood op te staan om nooit weer te sterf nie. Later sê Jesus vir sy dissipels: "Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde" en dat Hy by hulle sal wees tot die voleinding van die wêreld (Matteus 28:18). Dan stuur Hy hulle na alle nasies toe om dissipels vir sy koninkryk te maak — Hy is toe "... in die hemel opgeneem en het Hy aan die regterhand van God gaan sit" (Markus 16:19 AFR83).

Heilige week is nie bloot 'n herdenking van die laaste week van Jesus se lewe nie, maar van die dae wat Jesus se kroning en troonbestyging voorafgegaan het. Op Palmsondag het Jesus soos 'n mededingende koning Jerusalem binnegery. Hy het die magsinstelling van die tempel op Maandag uitgedaag en op Dinsdag ander uitgenooi om by sy opstand aan te sluit. Jesus is op Woensdag soos sy voorvader, koning Dawid, met 'n albaste fles egte, baie duur nardusolie gesalf. Op die Donderdag het Hy soos 'n ware koning 'n nuwe verbond met God aangekondig. Jesus is op Vrydag as die "Koning van die Jode" in 'n stryd met die dood gekruisig. Opstandingssondag is egter goeie nuus omdat dit die dag is wat Jesus uit die dood opgestaan het en oor alle volke, magte en heersers gekroon is. Jesus is die ware koning van die wêreld, lewe en dood, net soos die aanspraak wat Hy gemaak het. Mense wat met die opgestane Jesus in aanraking gekom het, het almal vreesbevange gereageer. Die soldate wat die graftombe bewaak het, het asof dood neergeval. Die vroue wat by die graf aangekom het, het uit vrees teruggedeins. Jesus moes selfs sy eie dissipels kalmeer en sê om nie bang te wees nie. Die hooggeplaaste godsdienstiges het bloot nie geglo dat Jesus uit die dood opgestaan nie, maar was nogtans bang dat ander dit sou glo! Enersyds is dit die mees gepaste reaksie teenoor 'n koning wat met die dood geworstel en oorwin het. Andersyds het sommige op Jesus se kroning gereageer deur te hardloop om die goeie nuus aan ander mee te deel.

My gebed is dus dat jy op hierdie Paassondag die goeie nuus sal aanvaar dat Jesus uit die dood opgestaan het as die wêreld se enigste opgestane Koning en jy jou sal haas om aan ander die goeie nuus te gaan vertel.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waar...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.spokengospel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid