Leesplan inligting

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te VierVoorbeeld

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

DAG 5 VAN 8

Die afgelope 1 600 jaar onthou Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Vandag is "Maundy" Donderdag. "Maundy" ontstaan uit 'n Latynse woord wat "verbond" beteken. Op hierdie heilige Donderdag dink ons dus aan die dag toe Jesus die laaste maaltyd met sy dissipels geëet het en Hy vir hulle 'n nuwe verbond gegee het.

Tot dusver het elkeen van Jesus se laaste dae dit al hoe duideliker gemaak dat Hy van voorneme is om die huidige godsdiensorde af te breek en 'n nuwe koninkryk in te stel. Die godsdienstige instelling het gesoek na 'n manier om Jesus dood te maak oor hierdie boodskap, en Judas, een van Jesus se eie dissipels, het pas vrywillig sy leermeester verraai (Lukas 22: 4-6). Op die eerste dag van die Pasga besluit Judas om Jesus met 'n soen te verraai.

Die Pasga was 'n Joodse fees wat 'n voorstelling was hoe God sy volk uit slawerny in Egipte gered het. God het belowe dat as sy volk 'n vlekkelose lam offer, die bloed bo-aan en om hul deurkosyne verf en dan die geslagte lam met ongesuurde brood eet, Hy hulle sou bevry (Eksodus 12: 1-10). God was getrou aan hierdie verbond toe 'n engel na die maaltyd die eersgeborene seun van die farao doodgemaak het asook enigiemand anders wat God se planne om sy volk te bevry verontagsaam het. Na die dood van die Egiptenare se eersgeborenes, is God se volk uit die Egiptiese mag bevry en het hulle gou daarna hul eie koninkryk gevorm.

Jesus sê vir sy dissipels om voorbereidings te tref om hierdie dag te vier (Lukas 22: 7-13). Terwyl hulle die lam en brood eet en wyn drink, praat Jesus oor die betekenis van die tekens. Volgens Jesus verwys hulle nie net terug na 'n verlossingsdaad in die verlede nie, maar ook vorentoe na 'n nuwe een. Jesus het die brood geneem en gesê: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.” Op dieselfde manier, na die aandete, het Hy die beker geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word" (Lukas 22: 19-20). God se verbond op die eerste Paasfees het vryheid en 'n Koninkryk belowe, veel groter die geofferde lam en dooie eersgeborenes van die vorige verbond. By hierdie maaltyd maak Jesus dus 'n nuwe verbond en belowe dat God se volk deur die geofferde liggaam en bloed van God se Eersgeborene, weer bevry sal word. Eers moes hulle egter sy liggaam en bloed aanvaar, dit eet en drink.

Baie gebeur na hierdie oomblik. Judas verlaat die aandete om Jesus te gaan verraai. Die dissipels stry oor wie die beste leier is. Jesus gaan na 'n nabygeleë tuin om te bid en kortliks te vra of God die verantwoordelikheid om die beker van bloed wat Hom aangebied is, sal wegneem. Dan daag Judas met 'n bende op wat Jesus na 'n Joodse hof toe sleep. Die dissipels vlug in alle rigtings. Petrus, die hoofdissipel, ontken dat hy selfs sy Meester ken. Dan veroordeel die godsdienstige instelling Jesus as 'n ketter en martel Hom totdat die son opkom.

Heilige Donderdag is egter goeie nuus, want Jesus kondig aan dat die duisternis en teleurstelling van sy laaste ure tot vryheid en 'n nuwe koninkryk sal lei. Net soos brood nie geëet kan word voordat dit gebreek is en wyn nie gedrink kan word voordat dit geskink is nie, kan 'n verbond nie sonder bloed tot stand kom nie. Soos ons al voorheen genoem het, is die oorsprong van die woord "Maundy" uit 'n Latynse woord wat 'n verbond beteken. Op hierdie dag belowe Jesus dat Hy die koste vir ons vryheidsverbond sal betaal. Net soos Israel deur die bloed van 'n lam uit slawerny bevry is, word ons deur Jesus se bloed uit die slawerny van sonde bevry. Hy is die eersgebore Seun wat verlore gegaan het, sodat ons nie meer deur die wêreld se magte, versoekings, sondes en gevolge daarvan gevange is nie. As gevolg van heilige Donderdag is ons vrye burgers van Jesus se nuwe ewige koninkryk.

Ek bid dus dat jy op hierdie "Maundy" Donderdag Jesus se liggaam en bloed sal aanvaar as die belofte van 'n nuwe verbond om jou te bevry en in sy koninkryk te bring.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waar...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.spokengospel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid