Leesplan inligting

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te VierVoorbeeld

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

DAG 7 VAN 8

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Dis vandag heilige Saterdag. Op heilige Saterdag dink ons aan die dag wat Jesus in sy graftombe gerus het.

Ons weet eintlik baie min van wat gebeur het op die dag wat Jesus in sy graftombe gelê het. Ons weet dit was die sabbat, 'n dag van rus vir gelowige Jode. Ons weet ook die godsdiensleiers was baie bang. Jesus het mos gesê dat Hy op die derde dag uit die dood sou opstaan (Matteus 27:62-63). Hulle was baie bekommerd dat Jesus se dissipels sy liggaam sal probeer steel en dan voorgee dat Hy uit die dood opgestaan het, wat hul probleme net sou vererger. Hulle het dus vir die Romeinse goewerneur gevra om Jesus se graftombe deur wagte te laat bewaak om te voorkom dat enige valse opstandings plaasvind (Matteus 27:64-65). Ons weet nie veel meer wat op daardie Saterdag gebeur het nie. Dit dra dalk by waarom hierdie dag so betekenisvol is. Jesus is dood, dus is niks veronderstel om te gebeur nie. Geen verdere wonderwerke hoef gedoen te word nie, geen Joodse wette hoef in vervulling te gaan nie, geen verdere sonde hoef versoen te word nie en geen magte hoef beveg te word nie. Op die kruis het Jesus gesê: "Dit is volbring" (Johannes 19:30).

Jesus het alles waarvoor Hy gekom het, gedoen. Aangesien niks verder bereik hoef te word nie, het Jesus gerus. Dit beteken minstens dat ons ook nou kan rus. As Jesus gerus het in die wete dat niks verder gedoen hoef te word om sy volk te red nie, kan ons ook rus in die wete dat Jesus alles gedoen het om ons deel van sy volk te maak. Koning Dawid, 'n voorouer van Jesus, het geskryf: "Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof, en woon in veiligheid. Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat dat u getroues in die graf ontbind nie" (Psalm 16:9-10 NLV). Dawid was vol vertroue dat God, selfs deur en anderkant die dood, sy vorstehuis sou bewaar, dit beskerm en daarvoor voorsien. Hy het geweet dat sy dood nie die einde van sy vorstehuis of God se beloftes beteken het nie.

Heilige Saterdag is dus 'n dag van rou, maar nie 'n dag sonder hoop nie. Jesus se dag in die graf herinner ons daaraan dat ons ook die dood sal ken. Ons sal ons geliefdes sien sterf. Ons sal almal uiteindelik vir 'n laaste keer aan die slaap raak. Heilige Saterdag is egter goeie nuus omdat Jesus aankondig dat die dood nooit meer is as om 'n uiltjie te knip nie. In Jesus, is die dood 'n dag van rus voor die dagbreek van 'n nuwe skepping; en 'n broodnodige ruskans voor 'n nuwe era van 'n hernude opstandingslewe.

Daarom bid ek dat jy op hierdie heilige Saterdag sal aanvaar dat Jesus se dood 'n bewys van die diepe beloftes van God is. Jy kan niks hier byvoeg nie, want God kan ons selfs vanuit ons grafte opwek.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waar...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.spokengospel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid