Leesplan inligting

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te VierVoorbeeld

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

DAG 2 VAN 8

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Vandag is heilige Maandag. Heilige Maandag onthou die dag toe Jesus in Jerusalem se tempel met 'n tuisgemaakte sweep in sy hand ingekom het (Johannes 2:15).

Die tempel was veronderstel om 'n plek te wees waar pelgrims van regoor die wêreld offers kon bring en vergifnis van God kon ontvang. Die godsdienstige instelling het egter besluit dat die tempelplein, 'n ruimte wat normaalweg vir nie-Jode gereserveer is om God te aanbid, ook moet dien as 'n veemark vir offerdiere. Dit het strenger beheer en hoër winste gewaarborg vir die Joodse hooggeplaastes wat die markte beheer het, maar ten koste van die vermoëns van nie-Joodse pelgrims om 'n plek van aanbidding te hê. In plaas daarvan dat gebede in tale van regoor die wêreld hier weerklink, was die tempel gevul met die gebalk van diere, die geskarrel van verkopers en die stank van dieremis. Die aanbidding van die nasies is laat vaar sodat sommige hulself kon verryk. Woedend gooi Jesus tafels om en verhoed handelaars om goedere oor die tempelplein te dra in 'n direkte uitdaging oor die prioriteite van Jerusalem se godsdienstige instelling (Markus 11:15-16).

Met 'n gevange gehoor haal Jesus dan uit die profete Jesaja en Jeremia aan en sê: “Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed vir al die nasies wees’ nie? Maar julle het dit 'n rowersnes gemaak” (Markus 11:17). Die skare sien die waarheid in van wat Jesus sê. Israel se godsdienstige instelling het die nie-Jode se aanbidding ten koste van geld ondermyn. Die tempel was bedoel om 'n plek te wees vir alle mense om God se teenwoordigheid en vergifnis te ervaar, en dit word van hulle gesteel. Die hooggeplaaste godsdienstiges wat in die openbaar ontbloot en in 'n hoek gedruk is, beplan dan om Jesus dood te maak (Markus 11:18).

Jesus is egter nie net 'n profeet wat korrupsie blootlê nie. Jesus tree met gesag op. Hy noem die tempel “My huis”. Die rede waarom Jesus so dramaties optree, is gedeeltelik omdat Hy God is, maar ook omdat Hy God is, het Hy die reg om sy tempel te verander, te beoordeel en selfs af te breek as Hy wil (Johannes 2:18-22).

Heilige Maandag is goeie nuus omdat Jesus aankondig dat Hy gekom het om God se tempel tot sy oorspronklike doel te herstel. Die tempel was veronderstel om 'n plek te wees waar alle mense offers kon bring en vergifnis ontvang. Op heilige Maandag bewys Jesus se optrede dus dat Hy 'n tempelbewind sal beëindig wat verbind is tot hebsug en etniese hoogmoed sodat 'n beter tempel kan ontstaan om geen nasies ooit weer uit te sluit nie. Jesus self is hierdie nuwe tempel. Sy liggaam is ons tempel. Dit is by Hom waar vergifnis aan alle mense gebied word. In Hom is daar nie plek vir handelaars of geld nie, want sy vergifnis is gratis.

Wanneer Jesus egter die koop en verkoop van offerdiere beëindig, verdoem Hy nie net 'n korrupte stelsel nie; Hy offer Homself ook as 'n alternatiewe offergawe. Deur die tafels om te keer, is ook Jesus se manier om te sê dat Hy bereid is om die offer te wees wat God se vergifnis aan alle nasies skenk.

Daarom bid ek dat jy op hierdie heilige Maandag, Jesus sal aanvaar as jou nuwe tempel en as die gratis offer wat God se vergifnis aan mense uit alle nasies verleen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waar...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.spokengospel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid