Leesplan inligting

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te VierVoorbeeld

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

DAG 6 VAN 8

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Vandag is goeie Vrydag. Op Goeie Vrydag dink ons aan die dag toe Jesus deur Pilatus veroordeel is, gekruisig en in 'n graftombe begrawe is.

Die Joodse hofstelsel het Jesus skuldig bevind aan godslastering wat die dood verdien het (Markus 14:63-64). Rome het egter verskillende standaarde gehad wat die doodstraf verdien en net hulle kon misdadigers teregstel (Johannes 18:31). Die Joodse Raad het Jesus dus na Pilatus gesleep en beweer dat Hy 'n belastingontduiker en rebel is, en dat Hy Homself die “koning van die Jode” noem (Lukas 23:1-2). Jesus het dit nooit gesê nie, maar Hy het ook nie die titel ontken nie. Hy voeg eenvoudig by dat sy koninkryk nie 'n aardse een is nie (Johannes 18:36-37). Pilatus het egter duidelik gesien dat die godsdiensleiers misdade versin om soos vriende van Rome te lyk, terwyl hulle Pilatus dwing om hul vuil werk te doen. Om hulle skynheiligheid bloot te lê, sê Pilatus vir hulle dat hy een van twee mans sal vrylaat: óf die onskuldige Jesus óf 'n werklike rebel en bedreiging vir Rome (Markus 15:7-10). Hul keuse sou hul ware motiewe bewys. Op ‘n voorspelbare wyse kies hulle om die rebel vry te laat. Die godsdiensleiers het nie omgegee vir Rome nie, hulle wou Jesus net dood hê.

Toe hulle gevra is wat met Jesus moet gebeur, oortuig hulle 'n groeiende skare om te dreunsing: “Kruisig hom!” (Markus 15:13). Jesus word onmiddellik deur 'n afdeling soldate geslaan en weggeneem om gemartel te word. Hulle het Hom bespot met sy aanspraak op koningskap en vir Hom 'n pers mantel aangetrek, 'n doringkroon op sy kop gesit en spottend voor hierdie koning gebuig. Voordat sy gewrigte en enkels aan die balke vasgespyker is, het hulle op ‘n bordjie aan die kruis geskrywe: “Die koning van die Jode” (Markus 15:26). Die kruis is toe opgelig en vir drie uur lank hang, bloei en ly Jesus.

Voordat Hy sterf, vra Jesus vir God om sy vervolgers te vergewe. Hy belowe 'n skuldige man wat langs hom gekruisig word dat Hy hom binnekort in die hemel sal sien. Toe sterf Jesus. Op daardie presiese oomblik skeur die voorhangsel in die Joodse tempel van bo tot onder middeldeur (Markus 15:38). Simbolies het daardie voorhangsel toegang tot God se teenwoordigheid versper. Een keer per jaar sou die hoëpriester agter daardie voorhangsel ingaan en bloed op die versoendeksel sprinkel. In reaksie hierop sou God dan barmhartigheid betoon en die sondes van die hoëpriester en God se volk vergewe, ongeag wat hulle verkeerd gedoen het.

Die profeet Jesaja het voorspel dat God eendag Iemand sou stuur wat deur Israel se leierskap verwerp sou word, deur sy medeburgers veroordeel en deur sy naaste volgelinge verlaat sou word. Daardie persoon was Jesus. Jesaja, wat dink aan Israel se baie sondes en mislukkings, sê oor Jesus: “Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jesaja 53:5).

Soos 'n goeie koning het Jesus verantwoordelikheid geneem vir die mislukkings van sy onderdane. Hy is deurboor, verbrysel, gestraf en geoffer vir die sondes, mislukkings en wreedhede van sy skuldige burgers. Omdat Jesus bereid was om hulle offer te wees, is daar nie meer 'n voorhangsel tussen die skuldiges en God se genade nie. Niks verhoed enigiemand meer toegang tot God se teenwoordigheid nie.

Goeie Vrydag is dus goeie nuus, want Jesus se dood kondig aan dat daar vergifnis vir alle sondes is. Sy bloed het die voorhangsel van God se genade oopgeskeur en nou kan alle mense vergewe en gered word van 'n dood wat hulle andersins sou verdien.

Daarom bid ek dat jy op hierdie goeie Vrydag Jesus se dood in jou plek, sal aanvaar. Slegs deur Hom sal jy toegang kry tot God se genade en slegs deur sy bloed ontvlug ons die dood wat ons verdien.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waar...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.spokengospel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid