Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 3 VAN 40

BEREI DIE GROND VOOR



Lees Lukas 8:4-8



Net die saad van God wat in vrugbare grond geplant word, is saad wat vrug dra. Hoe lyk 'n "goeie en opregte" hart? Watter soort luisteraar is dit? Dit is die een wat die Woord van God hoor en ter harte neem, daarna luister, dit bely, glo en gehoorsaam. Dit is die hart waarin saad kan ontkiem, wortelskiet, groei en goeie vrugte dra.



Hoe ontvang jy God se woord?



Jesus vertel ons hierdie gelykenis sodat ons selfondersoek kan doen: Het ek ore wat hoor? Het ek 'n hart wat in berou, geloof en gehoorsaamheid op God se Woord reageer?



As ek terugkyk na my lewe as 'n self-erkende Christen, besef ek dat vir die eerste tien jaar van my belydenis, die onkruid van die wêreld God se Woord in my lewe versmoor het. Ek het die wêreld meer liefgehad. Die teenswoordige wêreld was vir my te belangrik. God se Woord het op die grond van my hart geval en begin groei, maar die bekommernisse van die wêreld het die belangrikheid van God en sy koninkryk oorweldig. Gelukkig het God my nie net daar gelos nie; Hy het my gered. Dis asof hy 'n graaf na my hart toe geneem het. Dit sou egter nie genoeg gewees het nie. Hy het vir my 'n splinternuwe hart gegee. Die saad wat Hy toe in my nuwe hart geplant het, het ontkiem en gegroei. Van daardie dag af het my nuwe hart heeltemal anders op sy Woord gereageer. God se Woord het my hart verbly!



Lees Psalm 1



As jou hart hom in God en sy Woord verbly, eer en dank Hom! Dank God vir die groot, onpeilbare geskenk wat jy ontvang het en vertroetel dit! As jou hart nie sy vreugde in die Woord van God vind nie, moenie moed verloor of wegloop nie. Bely dit aan God. Niemand anders het die mag om die grond van jou hart weer vrugbaar te maak nie. Vra vir God om vergifnis en om jou vry te maak van alle ongeregtigheid. "Heer laat U lewende Woord ons harte deurboor en 'n oorvloedige oes van geregtigheid voortbring."



Neem God se Woord oor die volgende paar weke ter harte en vra Hom om jou te help om dit in gehoorsaamheid en geloof te ontvang. Vra Hom om jou te help om 'n oorvloedige oes van geregtigheid op te lewer.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid