Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 4 VAN 40

BEREI DIE GROND VOOR



Lees Lukas 8:9-15



Jesus het deur die dorpies beweeg om die goeie nuus van die Koninkryk van God te verkondig. Mense uit verskillende dorpe het na Hom toe gekom. Toe Hy die menigte sien, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel. Aan dié wat na Hom geluister het, het Jesus beskryf hoe die saad, sy woord, op vier verskillende soorte harte sal val:



Van die saad sal op die pad val, ander op klippe en nog ander tussen die dorings.



Daar is ook dié wat in goeie grond sal val en 'n honderdvoudige oes lewer.



Jesus het uitgeroep: "As iemand ore het, laat hom hoor."



Slegs dié met een soort hart kan waarlik hoor. Natuurlik was daar dié wat glad nie aandag gegee het nie. Onder dié wat wel luister, sal slegs 'n paar werklik hoor. J.C. Ryle het gesê dat dit 'n gelykenis is wat in die algemeen toegepas kan word. Die vier verskillende harte waarna verwys word, kom in alle gemeentes voor waar die evangelie verkondig word. Hierdie feite moet ons aanmoedig om die gelykenis aandagtig te lees. Terwyl ons dit lees, moet ons vir onsself sê, "Dit is op my van toepassing. My hart is in hierdie gelykenis sigbaar. Ek is ook hierin."



Laat hy wat ore het, hoor.



Jou hart word in hierdie gelykenis verteenwoordig. Vra die Here hierdie week om jou te help om die toestand van jou hart raak te sien.



Dank God dat Hy sy woord aan jou bekend maak.



Bely jou behoefte dat die Heilige Gees die ware toestand van jou hart sal openbaar.



Dank die Here dat Hy jou nader na Hom toe trek.



Vra die Here om jou hart nederig en ontvanklik te maak vir sy woord.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid