Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 2 VAN 40

INLEIDING: Plant Jou Tuin Vir 'n Oorvloedige Oes



Die onverganklike saad - die Woord van God! (1 Petrus 1:23, Lukas 8:11). Argeoloë het 'n hele paar jaar gelede koringsaad in een van die piramides ontdek. Dit was duisende jare oud en het ongeveer 2500 jaar vC dateer. Nadat hierdie 4500-jaar-oue koringsaad in vrugbare grond geplant is, het dit ontkiem en begin groei! "Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. Want 'Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.' En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is" (1 Petrus 1:23-25).



In sy brief aan die kerk in Efese, het Paulus aan die gelowiges die onverstaanbare erfporsie wat hulle ontvang het nadat hulle as kinders van God aangeneem is, probeer verduidelik! Soveel meer is aan ons almal gegee as wat ons kan hanteer, en ongelukkig bly dit wat ons toekom opgesluit in manjifieke silos omdat ons nog nie weet wat dit beteken om "in Hom" te wees nie. Totdat ons in geloof besit neem van ons oorvloedige erfporsie, gaan dit net daar lê, sluimerend, sonder lewe en sonder enige vrug.



Kom ons neem besit van daardie silos, plant die saad in vrugbare grond en oes 'n buitensporige, ewige opbrengs. Die Bybel leer ons dat geloof 'n gawe is wat ons kan kry: "...deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus" (Romeine 10:17). Ons moet stelling inneem sodat ons God se Woord kan "hoor" deur tyd met sy Woord deur te bring, dit te bestudeer en daaroor te peins. Soos ons deur die krag van die Heilige Gees sy Woord hoor, moet dit in ons harte lewend word deur die keuse wat ons maak om dit te glo en daarvolgens te lewe, deur die leiding van die Heilige Gees. Wanneer ons dit doen, plant ons sade van geregtigheid wat 'n oes van geregtigheid sal voortbring.



SLUIT AF MET GEBED
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid