Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 8 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin



DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Efesiërs 1:11-14

Wat is aan jou in Christus gegee? Wat leer jy oor jou doel? Wie se doelwitte word altyd bereik en wie se planne word volbring?



PLANT DIE SAAD

Neem vandag se kernvers en sê dit in stilte vir jouself op. Bêre dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van die dag.



Efesiërs 1:11

"Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit alreeds bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit."



GEE DIE SAAD WATER

Jy het iets ontvang wat nie weggeneem kan word nie. Jy kan altyd rus en veilig wees in die sekerheid dat God goed is. Hy laat alles - alle dinge - volgens sy plan en raadsbesluit gebeur. Jy kan diep asemhaal, ontspan en ophou om bekommerd te wees, want jy is Syne. Jy is in Chrisus en Hy is in jou.



Neem 'n oomblik en dink na oor God se werk in jou lewe en hoe Hy jou nader aan Hom gebring het, jou uit sy Woord geleer het, en jou na hierdie leesplan getrek het. Indien jy in Christus is, het Hy jou verder toegerus met alles wat jy nodig het om in wysheid en geregtigheid te groei asook met insig in sy Woord. Hy het Homself vir jou opgeoffer.



Wat is die een ding wat jy tydens die res van hierdie leesplan kan doen om die maksimum voordeel te trek uit dit waarmee Hy jou toegerus het? Jy kan die hele dag oor die "Saad van Waarheid" peins. Jy kan dit vir jouself in 'n teksboodskap of e-pos stuur. Dink na oor die "Saad van Waarheid" in plaas daarvan om jouself te bekommer of te laat beheer deur wêreldse dinge. Maak dit nat en help dit om te groei.



DRA VRUG

Hy laat alle dinge gebeur volgens sy raadsbesluit.



SLUIT AF MET GEBED

Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid