Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 7 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin



DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Efesiërs 1:1-10

Maak notas van jou geestelike seëninge in Christus terwyl jy deur die Skrifgedeelte lees. Is daar vandag een seën wat werklik vir jou uitstaan? Terwyl jy dit oordink, laat dit lewe in jou hart spreek en maak dit persoonlik. Byvoorbeeld: "Ek is gekies nog voor die grondlegging van die wêreld."



PLANT DIE SAAD

Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bêre dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van vandag.



Efesiërs 1:3

"God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is."



GEE DIE SAAD WATER

Dink na oor die betekenis daarvan om in Christus geseënd te wees met elke geestelike seëning. Neem 2-3 minute om biddend te dink hoe jy met dit in gedagte, jou dag kan benader. Wanneer jy vandag 'n besluit moet neem of deur 'n krisis gaan, sê hierdie Skrifgedeelte stilweg vir jouself op. Gaan dan voort in geloof dat "God my in Christus geseën het met al die seëninge van die Gees." Vertrou in sy krag en onthou dat Hy jou liefhet.



DRA VRUG

Geseënd met elke geestelike seëning.



SLUIT AF MET GEBED

Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid