Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 1 VAN 40

INLEIDING: Plant Jou Tuin vir 'n Oorvloedige Oes

Wat ons reis saam gaan behels:



DAE 1-2: Inleiding



DAE 3-6: Grondvoorbereiding

Met die Lukas evangelie se hulp gaan ons die volgende vier dae benut om die grond van jou hart voor te berei om al die waarhede te ontvang.



DAE 7-40: Plant en Versorging van Jou Tuin

1. Elke dag sal begin met ʼn Skrifgedeelte uit Efesiërs, ʼn SAAD VAN WAARHEID.

2. In PLANT DIE SAAD sal jy een "saadjie" uit daardie skrifgedeelte ontvang, een vers, wat jy op daardie dag in jou hart moet plant. Lei jou gedagtes doelbewus na daardie vers en pas jou denke en hart aan om jou dag en ander mense in jou lewe deur die oë van hierdie vers te sien.

3. Onderwerp jou aan daardie waarheid en plant die saad diep in jou hart.

4. Voltooi in GEE DIE SAAD WATER, die voorgestelde oefening of aktiwiteit om jou te help om die "saad te plant" en werk daardie waarheid in meer volheid in jou lewe. "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself" (Jakobus 1:22).

6. In DRA VRUG, sal ʼn stukkie waarheid vir die dag uitgelig word. Hierdie is die vrug wat in jou hart na vore sal kom vanuit die saad wat geplant en water gegee is.

7. Laastens, gebruik hierdie waarhede uit Efesiërs om jou in gebed te lei. "En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra" (1 Johannes 5:14).



Lees Efesiërs 3:14-19



Voor jy begin...gebruik 'n paar oomblikke om jou hart voor te berei vir hierdie Bybelstudie, net soos jy 'n tuin in die lente sal voorberei voordat jy daarin plant. Vra God om jou hart oop te maak om die saad van waarheid te ontvang wat Hy graag in jou hart oor die volgende 40 dae wil plant. Mag dit sy wil wees dat daardie saad sal groei tot gesonde lote, volwasse plante, en dan tot in 'n oorvloedige oes. Moenie bang wees om Hom te vra om jou te help dat jy sy stem hoor, en om sy genade wat jy nodig het om in sy voetspore te volg soos wat Hy vra nie. Die Here gaan 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart voortbring! Maak gereed - die lente is hier! Mag jou hart tot oorlopens toe gevul word met die Here se volheid!



Ek bid vir jou,

Laurie



Tensy anders aangedui, word alle Skrifgedeeltes uit Die Bybel© 1983-Vertaling, Bybelgenootskap van Suid-Afrika, aangehaal. Kopiereg © 2001 deur Crossway.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid