Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 40 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin



DIE SAAD VAN WAARHEID



Lees Filippense 1:3-11.



Sluit die leesplan af deur die volgende gedig te lees - uit Engels vertaal.



'n Tuin van Geregtigheid

deur Susan Sampson, Thistlebend Ministries



Nou is die tyd, nou is die seisoen;

Vir die glorie van God, dit is die rede.

Nou is die tyd, tyd om te ontwortel;

die sonde in jou hart, sodat ons vrug mag dra.



Ons harte is droë en dorre grond;

Geen skoonheid is daar te vinde.

Onkruid van selfsugtigheid, luiheid en trots oorvloedig.

Niks van waarde vir 'n kroon.



Here, dit is verseker nie U visie;

Hierdie droë en afskuwelike onkruid-besmette tuin.

'n Waterryke tuin is U volmaakte plan.

Die vertoon van U skoonheid om aan almal te wys.

Vader, help my, ek kan dit nie alleen doen nie;

Kyk na al die onkruid wat gegroei het.



Help my asseblief om die grond van my hart los te spit.

Ja - die Woord van God is die plek om te begin.

Want God se woorde is die saad wat ek nou moet saai;

Tog is dit net God wat dinge kan laat groei.



Ek moet die saad in my hart en gedagtes saai;

En dag en nag God se wet bepeins.

Ek moet die saad van geregtigheid in my hart plant;

Die Here sal die pragtige oes gee.



Ons sal die vrug van onfeilbare liefde oes

As ons nie moeg word en opgee nie.

Soos 'n waterryke tuin sal ons harte wees;

Soos 'n fontein waar die water vryelik loop.



Die vrug van die regverdiges is 'n boom van lewe;

Eike van geregtigheid vir sy genot.

Soek dus eers sy geregtigheid en plant daardie saad;

Roep uit na jou Vader in ware nederigheid.



Die beloning sal so geurig en soet wees.

Pragtige bloeisels - liefde, vreugde en vrede!

Eer aan die Een wat alleen kan laat groei!

Prys die Here -

Vir die oes wat Hy laat groei het;

'n Honderd keer meer as wat gesaai is!
Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels gebruik van seisoene om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag ...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid