Leesplan inligting

Wie is onsVoorbeeld

Wie is ons

DAG 7 VAN 7

Die beeld van God

God is liefde (1 Johannes 4:16). Vir liefde om te bestaan moet daar meer as een persoon betrokke wees. Reeds van ewigheid af, voor die skepping, het die Drie-eenheid in ‘n liefdevolle verhouding met mekaar verkeer. ‘n Ander vereiste vir ware liefde is dat elke persoon ‘n vrye wil moet hê, anders is hulle onderlinge verbintenis op een of ander manier gedwonge of kunsmatig.

God het besluit om meer persone uit te nooi om deel te hê aan Hulle intieme gemeenskap. Eers het Hulle vir Adam geskep. Maar hy was die enigste lid wat vlees en bloed was; God is Gees (Johannes 4:24). Daarna is Eva geskep om Adam se metgesel te wees. Uit Adam en Eva se intieme verbintenis sou meer mense voortgebring word as die beeld van God.

Die beeld wat ons weerspieël is belangrik vir God wanneer Hy tyd met ons deurbring. Hy wil sy eie beeld in ons sien. Toe ons eerste ouers gesondig het, is daardie beeld beskadig: "Die dag as jy daarvan eet, sterf jy" (Genesis 2:17). Hulle het wel in hul verhoudings gesterf toe hulle van die verbode vrugte geëet het. Adam het “die vader geword van 'n seun, sy beeld, een soos hyself” (Genesis 5:3). ‘n Mens kan dink aan ‘n spieël wat erg gekrap is. Hierna het God met hulle in verbinding getree in rituele wat die stort van ‘n onskuldige dier se bloed behels het. Miskien kon Hy sy beeld in hulle “sien” deur vooruit te kyk na die “Lam geslag voor die grondlegging van die wêreld”. Ons, die afstammelinge van Adam en Eva, erf ook ‘n beskadigde beeld van God, ‘n kopie van ‘n kopie van ‘n kopie ... Dit is waarom ons sondig.

Wanneer God met ons in 'n verhouding tree doen Hy dit deur die bemiddeling van “die Seun van die mens”, die frase wat Jesus gebruik het om na Homself te verwys. "In Hom is die volle wese van God beliggaam" (Kolossense 2:9). God sien die beeld van sy geliefde Seun wanneer Hy met gelowiges verbind. Aan hulle wat in Hom glo, gee Hy die reg om sy kinders te word (Johannes 1:12). Jesus verteenwoordig die mensdom voor die troon van God.

Sedert die sondeval is mense geneig om God te vermy, net soos Adam en Eva. Die Vader se plan was egter om ons in ere te herstel. Eers word ons sonde weggeneem wanneer ons op Jesus se offergawe vertrou. Dan moet ons “groei in godsvrug” (2 Petrus 1:5-7). Die nuwe ek, die wedergebore ek, moet meer en meer ‘n “klein Christus” word. Ons doen onsself ‘n onguns aan as ons laer verwagtinge het. "Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê" (Galasiërs 2:19-20). God is lief vir die beeld van sy Seun in ons. Die sondige natuur wat ek van Adam geërf het sal vir ewig weg wees wanneer ek sterf.

Oordenking:

Gelukkig het Jesus aan ons getoon hoe gretig die Vader is om by ons te lewe, selfs nou terwyl ons teenstribbel om sy wil te doen (Johannes 16:27).

Die gelykenis van die verlore seun dra dieselfde boodskap oor.

Hy het ook die Heilige Gees gestuur om Jesus op aarde te verteenwoordig terwyl Jesus vir ons aan die regterhand van God intree (Romeine 8:34).

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wie is ons

Die doel van hierdie leesplan is om geloof in die betroubaarheid van die Here en die Bybel te versterk. Die leser moet verkieslik 'n Bybel byderhand hê. Om 'n oordenking in te neem, raai ek aan dat ten minste 15 minute d...

More

Ons wil graag Urban Edge Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.urbanedge.org.za/church-online/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid