Leesplan inligting

Wie is onsVoorbeeld

Wie is ons

DAG 4 VAN 7

Is God regverdig?

Nadat die mense van Nineve hulle bekeer het, het God hulle van vernietiging gespaar. Dit het Jona laat dink dat hy rede het om vir God kwaad te wees. Die Assiriërs was ‘n wrede volk wat die Israeliete se tuisland geplunder het en hulle uiteindelik daaruit verban het. In die Britse museum is Assiriese kuns wat beelde van hul barbaarse wreedhede insluit.

Jona wou dus nie hê dat die Almagtige genade aan hierdie sadistiese monsters betoon nie. Sy eie volk was aan die ontvang kant van hulle onmenslikheid. Hy sou eerder wou sien dat hulle hulle verdiende loon ontvang. Waarom het die Here die Israeliete berispe en gedreig om hulle te straf? Na Jona se mening was hulle sondes van ‘n baie minder ernstige aard.

Die ouer broer in Jesus se gelykenis van die verlore seun het dieselfde soort houding gehad (Lukas 15:30). Sy pa het die verkwister vergewe sonder enige voorwaardes. Sy onverantwoordelike, genotsugtige broer is aanvaar asof hy nooit enigiets verkeerd gedoen het nie.

‘n Ander gelykenis van Jesus dra ‘n soortgelyke boodskap oor. In Matteus 20:1-16 het Hy die koninkryk van die hemel vergelyk met ‘n grondeienaar wat werkers op verskillende tye van die dag gehuur het. Aan die einde van die dag het hy hulle almal dieselfde loon betaal, beginnende met die wat die kortste tyd gewerk het. Dit het murmurering ontlok van diegene wat gedurende die hitte van die dag gewerk het. Die grondeienaar se optrede het gebots met wat hulle as regverdig geag het.

Daar is baie mense wat graag hulle sin van regverdigheid op die res van die mensdom wil afdwing. Die grondeienaar in die gelykenis het die reg gehad om met sy geld te doen soos dit hom behaag het. Hy het nie sy ooreenkomste met enige van die werkers verbreek nie. Net so het God die reg om genadig te wees teenoor wie Hy ook al wil. Party mense lewe roekeloos en sonder agting vir hulle medemens vir die grootste gedeelte van hul lewens. Dan, later in die lewe word hulle sondes vergewe en word hulle selfs mondstukke vir God.

Die skrywer van Psalm 73:3 het gesê: "want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën toe ek hulle voorspoed sien." Job het die mees voorbeeldige lewe gelei en nogtans uiters intense lyding ervaar. Nadat God met hom uit die storm gepraat het, het Job gesê: "Ek het gepraat, maar ek kon nie 'n antwoord vind nie, ek het weer geprobeer, maar nou sal ek stilbly." (Job 39:38 AFR83 dieselfde as Job 40:5 NIV).

Oordenking:

Die van ons wat vergewe is van alles wat ons ooit verkeerd gedoen het, en waardeer wat dit ons Skepper gekos het om ons te red, sal nie murmureer wanneer die ergste sondaars gered word nie (Lukas 15:10).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wie is ons

Die doel van hierdie leesplan is om geloof in die betroubaarheid van die Here en die Bybel te versterk. Die leser moet verkieslik 'n Bybel byderhand hê. Om 'n oordenking in te neem, raai ek aan dat ten minste 15 minute d...

More

Ons wil graag Urban Edge Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.urbanedge.org.za/church-online/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid