Leesplan inligting

Wie is onsVoorbeeld

Wie is ons

DAG 3 VAN 7

Verhoudings en gebooie

Wanneer mens iemand vir die eerste keer ontmoet, sal die meeste van ons normaalweg vermy om die nuweling aanstoot te gee. Soos ons die persoon leer ken, ontdek ons waarvan hy hou en nie hou nie. As ons met die verhouding wil voortgaan, probeer ons om die een wat nou ‘n vriend geword het te behaag.

Weens verskeie redes versleg verhoudings en liefde verkoel met tyd. Party van ons vriend se gewoontes wat ons aanvanklik verdra het, irriteer ons nou. Ons het geweet wat sy voorkeure was. Ons het nie met almal van hulle ten volle saamgestem nie. Nietemin het ons nie die verhouding verbreek nie. In plaas daarvan vermy ons alle vorme van konflik. Ons tree op ‘n wyse wat ons dink hy aanvaarbaar sal vind. As hy ons optrede nie goedkeur nie is ons verbaas dat ons beste nie goed genoeg was nie. Dit is menslik om op hierdie stadium negatief teenoor hom te word en in hom as persoon belangstelling te verloor.

Kinders blyk ‘n aangebore instink te hê om op te let waaroor ouers begerig is. Hulle wil oor die algemeen genot gee aan hulle ouers. Miskien is dit hoekom Jesus sulke harde woorde gehad het vir enigiemand wat veroorsaak dat kindertjies struikel (Markus 9:42). Strydige optrede van ‘n ouer kan die gevolg hê dat die kind vormgetrou optree soos verwag word, maar nie van harte nie. Die kind word skynheilig, hipokrities oor die ouer. Die Griekse woord "hipokrites" beteken ‘n toneelspeler. Wanneer ‘n verhouding so ver agteruitgaan dat dit in rolspel verander, is dit skaars die moeite werd om dit in stand te hou.

Voordat ons Jesus leer ken, hoor ons van God deur ons gewete en sy gebooie. Die verbinding kan taamlik raserig wees. Ons hoor nie altyd die bestemde boodskap nie weens uiterlike en innerlike rumoer. Van buite leer ons God se wette deur leermeesters wat nie perfekte instrumente is nie; van binne wil ons “vlees” nie vertel word hoe om op te tree nie. Wanneer ons Jesus innooi in ons lewens gee Hy ons sy Gees om sy wil aan ons bekend te maak. Weens ons sondige natuur is die kommunikasie nie foutloos nie, maar dit is direk; Jesus se volgelinge het persoonlike interaksie met Hom.

Ons vriendskap met Jesus kan ook tot so ‘n mate stagneer dat ons sy wette op meganiese wyse uitvoer. Ek kan sy fluisteringe ignoreer maar sy gebooie onderhou — eintlik my vertolking van sy gebooie. Dan gedra ek my op presies dieselfde manier as mense wat Hom nooit leer ken het nie en slegs lewe volgens ‘n lys van moets en moenies. My eerbied vir Hom sal waarskynlik verminder, iets wat ek behoort te verwag as ek die middelpunt van my eie heelal word en Jesus afskaal tot ‘n mindere rol.

Elke langtermyn verhouding vereis werk (Markus 9:50). Egpare wat al vir ‘n redelike tyd getroud is sal hiermee saamstem. Dieselfde geld vir ons verhouding met Jesus. Dit moet onderhou word en nie aan outo-loods oorgegee word nie (Lukas 18:1).

Oordenking:

God se gebooie is nog steeds daar om ons te lei, maar Jesus verwag van sy volgelinge om daagliks met Hom te praat en van Hom te hoor.

Daarom het Hy ons Gees, sy Bybel en sy kerk gegee.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wie is ons

Die doel van hierdie leesplan is om geloof in die betroubaarheid van die Here en die Bybel te versterk. Die leser moet verkieslik 'n Bybel byderhand hê. Om 'n oordenking in te neem, raai ek aan dat ten minste 15 minute d...

More

Ons wil graag Urban Edge Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.urbanedge.org.za/church-online/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid