Leesplan inligting

Wie is onsVoorbeeld

Wie is ons

DAG 6 VAN 7

Verhoudingsgerigte onderrig

Die twintigste eeu kan moontlik onthou word as die eeu van persoonlikheidsvererings. Hitler, Marx, Lenin, Stalin, Mao Zedong and Kim II-sung het elk miljoene mense gelok om hulle die verderf in te volg.

Popsterre ontvang helde-verering en die term “pop idol” het in die Engelse taal na vore gekom. Die kerk het ook sy helde wat leiding aan kerke gee en oortuigende boodskappe lewer. Wanneer ons Christenleiers tekortskiet hoor mens dikwels die cliché: “Moenie na die persoon kyk nie, kyk na Jesus”. “Maar ek kan nie vir Jesus sien nie!” is wat ek lus het om aan hulle te skree. “In der waarheid, ek het gedink ek het iets van Jesus in hom gesien maar nou is ek teleurgesteld. Ek voel verraai.”

Op een of ander manier is ons “hardbedraad” om uit ons menseverhoudings te leer. Hoe dikwels sê leerders nie “ek het wiskunde laat vaar weens my onderwyser” of “my onderwyser het my besiel om van geskiedenis te hou?” Wat die opvoeding van sedes betref en hoe ons ons lewens moet lei, is die voorbeeld van ons leiers meer belangrik as dit wat hulle ons leer. Ons leer meer uit voorbeelde as wat doelbewus aan ons geleer word. Dit is hoekom ons gewaarsku word om nie maats te maak met ‘n opvlieënde mens nie, want “dalk leer jy sy maniere aan en beland jy in lewensgevaar” (Spreuke 22:24-25). Kinders tree meestal soos hulle ouers op, eerder as hoe hulle ouers hulle vertel om op te tree. Jesus het gewaarsku dat ‘n mens beter af sou wees om te verdrink met ‘n groot klip om die nek as om ‘n kindjie wat in Hom glo te laat struikel (Matteus 18:6).

Die skrifgeleerdes in Jesus se dag het die korrekte geloofswaarhede geleer maar die voorbeelde wat hulle lewens gestel het was nie wat kinders van God behoort na te boots nie (Matteus 5:20; 23:2-3). Vandag, waar biblioteke van inligting aanlyn beskikbaar is, slegs met die klik van ‘n muis of die tik op ‘n skerm, moet ons versigtig wees van wie ons leer en wat ons van hulle leer. Jesus het gewaarsku dat baie valse profete in die laaste dae sal verskyn (Matteus 24:24). Hy het ons ook vertel om hulle te toets aan die vrugte wat hulle dra (Matteus 7:15-20). Vandag is dit nie maklik nie; ons verlaat ons dikwels op die aanbevelings van mense op sosiale media in wie ons vertroue het.

Dié wat andere wil onderrig, moet in gedagte hou dat dit ‘n geweldige verantwoordelikheid inhou (Jakobus 3:1). Ons leer aan andere wat ons weet, maar ons dra oor en bring voort wat ons is. Ons moet onsself afvra: “Lok ek, soos die Fariseërs, mense om gewild te word? (Matteus 23:5-7); of is my doel om hulle te help om Jesus beter te leer ken soos Johannes die Doper (Johannes 3:30)?” As gevolg van hierdie rede het Jesus aan sy volgelinge gesê hulle moet nie titels soos "Rabbi" (Hebreeus vir Leermeester), "Vader" of "Meester gebruik nie, maar “die grootste onder julle moet julle dienaar wees” (Matteus 23:8-11). Hieruit volg die gebruik om ons leiers bedienaars te noem, want in verouderde Engels is "minister" ‘n woord wat dienaar beteken.

Oordenking:

Om die onsigbare Jesus uit te beeld, om Jesus met ‘n vel aan te wees, is die grootste uitdaging waarvoor elkeen te stand kom wat daarna strewe om andere te onderrig oor hoe om te lewe.

Eerstens moet ons self in Jesus se "goeie boeke" wees.

Verder moet ons nie dink dat ons geheime sondes kan koester sonder dat ons volgelinge dit in ons gees sal “raaksien” nie.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wie is ons

Die doel van hierdie leesplan is om geloof in die betroubaarheid van die Here en die Bybel te versterk. Die leser moet verkieslik 'n Bybel byderhand hê. Om 'n oordenking in te neem, raai ek aan dat ten minste 15 minute d...

More

Ons wil graag Urban Edge Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.urbanedge.org.za/church-online/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid