Leesplan inligting

Wie is onsVoorbeeld

Wie is ons

DAG 2 VAN 7

Weerkaatsers van heerlikheid

In evangelisasiekursusse word Romeine 3:23 dikwels gebruik as bewys van ons almal se behoefte aan vergifnis. “Almal het gesondig, en die heerlikheid van God ontbreek by hulle” is ‘n versie wat baie Christene memoriseer. Die meeste van ons stem ten volle saam met die eerste helfte van die vers en weet dat ons iewers, een of ander tyd, verkeerd gedoen het. Ons het gedoen wat ons geweet het verkeerd is. Ons het vooraf geweet dit was verkeerd en dit nog steeds gedoen. Natuurlik het ons vergifnis nodig.

Hoeveel van ons weet dat die Almagtige ongelukkig is dat dit ons “ontbreek aan die heerlikheid van God”, volgens die AFR53 vertaling? Daar blyk ‘n verlange in die mensehart te wees om dit wat glorieryk is, te aanskou. Dink maar aan glanstydskrifte. Die woorde manjifiek, wonderlik, pragtig, veelbesproke, voortreflik en beroemd dra dieselfde idee oor. Dit gaan meestal oor mense.

Elke keer wat ek iemand vir die eerste keer ontmoet, verwag ek om iets edel te ondervind. Ek word meestal teleurgestel. Mense wat my ontmoet vind my ook nie so indrukwekkend nie. Die gewilde liedjie “You’re beautiful” druk ons wanhoop uit om ooit ‘n perfekte verhouding met iemand te hê. “I saw your face in a crowded place … I knew I’ll never be with you” som dit op.

Groot dele van die boeke Levitikus en Numeri is gemoeid met wat die Israeliete seremonieel onrein gemaak het. Kortliks, enigiets wat in die minste met menslike geboorte of dood te doen het, het die betrokke partye onrein gemaak. Dit is hoekom die vrou in Lukas 8:43-48 wat aan bloeding gely het so bang was; sy het dit gewaag om Jesus aan te raak terwyl sy geweet het sy was onrein. ‘n Mens kry amper die indruk dat die Here nie van enigeen van ons hou nie, want meeste van die tyd is ons volgens sy maatstaf onrein.

Een gevolgtrekking wat ons van God se skynbare afkeur van ons kan maak, is dat Hy hoë verwagtings van ons koester. Ons is as sy beeld geskape. Maar ons voorvader Adam wou “word soos God, wat goed en kwaad ken” (Genesis 3:5). Nou kan ons nie ontsnap van ons verantwoordelikheid om die goeie te kies en alle kwaad te vermy nie. God is nie tevrede met sy beeld as dit nie volmaaktheid weerkaats nie.

Hy weet egter dat ons altyd misluk in ons strewe na volmaaktheid. Dit is waarom Hy vir die Israeliete ‘n stelsel van offergawes ingestel het. Vir elke vorm van onreinheid was daar ‘n offergawe om te bring. Later het die perfekte Offergawe gekom wat eens en vir altyd geoffer is (Hebreërs 9:26-28). Deur sy offer het Jesus sy volgelinge vervolmaak (Hebreërs 10:14). Deur sy bloed verkry ons ‘n skoon gewete en mag ons die lewende God nader (Hebreërs 9:14; 10:22). Hy het ons selfs die reg gegee om God ons Vader te noem (Johannes 1:12).

Hoe moet ons die woorde van Jesus: “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is” vertolk? (Matteus 5:48). Uit hierdie teksverband is dit duidelik dat Jesus gepraat het van ‘n houding van vergifnis en ‘n gees van vrygewigheid. Hy was besorg oor die hart. Om sy woorde te verstaan help dit my om te dink aan iemand wat ver van fisiek of intellektueel perfek is, soos ‘n persoon met Down se sindroom of serebrale verlamming. Jesus verwag ook “volmaaktheid” van hierdie mense.

Oordenking:

Met ons samewerking verander God ons harte om volmaak te word (Hebreërs 10:16; Romeine 5:5).

Verder kan ons om vergifnis vra wanneer ons tekortskiet (1 Johannes 1:9).

Solank as ons vertroue in Jesus is, sal ons God se heerlikheid weerspieël, selfs al as dit nie altyd ooglopend nie. Jesus het gesê die regverdiges sal “skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader” (Matteus 13:43).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wie is ons

Die doel van hierdie leesplan is om geloof in die betroubaarheid van die Here en die Bybel te versterk. Die leser moet verkieslik 'n Bybel byderhand hê. Om 'n oordenking in te neem, raai ek aan dat ten minste 15 minute d...

More

Ons wil graag Urban Edge Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.urbanedge.org.za/church-online/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid