Leesplan inligting

Wie is onsVoorbeeld

Wie is ons

DAG 5 VAN 7

Die oë van my hart

Die eerste keer toe ek Jesus se woorde “die oog is die lamp van die liggaam” gelees het, het ek net daar vasgehaak. Aangesien ek in die wetenskappe opgelei is, weet ek dat die oog nie lig uitstraal soos ‘n lamp nie. Ons oë is meer soos vensters wat lig inlaat.

Jesus het dit egter figuurlik bedoel. Hy het van ‘n gemoedsgesteldheid gepraat. In Lukas 11:34-36 was die teksverband die houding van die Jode jeens Hom. Hulle het geweier om te glo dat God Hom gestuur het en het Hom daarvan beskuldig dat Hy duiwels uitdryf deur Beëlsebul, die aanvoerder van die demone. Hulle wou ‘n teken uit die hemel sien voordat hulle bereid was om in Hom te glo. Jesus het baie harde woorde vir hulle gehad en gesê dat die mense van Nineve en die koningin van Skeba hulle op die oordeelsdag sou beskuldig weens hulle ongeloof. Die rede: Een groter as Jona of Salomo was in hulle midde!

Ons liggame het ons oë nodig om behoorlik te kan funksioneer. Ons gebruik die oë van ons harte om mee te oordeel. Na ‘n dag van spanningsvolle interaksies, is ‘n mens geneig om die dag se gesprekke te herkou voordat slaap jou oorval:

Wat het sy bedoel met ___?

Het ek oorreageer?

Toe hy ___ gesê het moes ek ___ geantwoord het.

Miskien het die woordewisseling wat kort daarna plaasgevind het die saak verder verdoesel en veroorsaak dat ek nie duidelik onthou nie.

Veronderstel dat ek meestal negatiewe gevoelens ondervind terwyl ek die “video” van die dag se interaksies “terugspeel”. Dan is daar die neiging om die video te wysig sodat ek die rol van ‘n held speel. Dit beteken dat wie ook al my teenstaan ‘n skurk is. Dit mag vergesog klink, maar ek dink ons almal doen dit tot ‘n sekere mate om tred te hou met ons gevoelens van ongenoegsaamheid en magteloosheid.

Hierdie roetine word werklik giftig as ek my video “uitsaai”. Wanneer iemand vra: “Hoe het jou gesprek met so-en-so verloop?”, dan gee ek hulle die geredigeerde weergawe. Hoe meer ek dit “terugspeel”, hoe moeiliker word dit om hierdie weergawe te “uit te wis”. Daarna onthou ek slegs my eie voorstelling van die gesprek. Die gevolg is dat my volgende gesprek met die “skurke” meer misverstand meebring waarin ons bymekaar verbypraat. Dit veroorsaak verdere vervreemding en ineenstorting van verhoudings.

Uit 1 Johannes 2:11, volg dat ‘n persoon wat ‘n wrok teenoor iemand koester "lewe in die duisternis". Wanneer iemand seergemaak is, kan dit moeilik wees om “daaroor” te kom. As jy dit egter nie verwerk nie, ontaard jou perspektief. Johannes het gesê iemand in so ‘n toestand “weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë blind gemaak het”. Baie huwelike kon gered gewees het, verhoudings herstel geword het en selfs oorloë verhoed gewees het as mense sou vermy om “in duisternis te lewe”. Dit is skrikwekkend om te dink dat baie besluite, wat miljoene se lewens raak, gemaak word deur mense wat nie kan sien waar hulle gaan nie.

Hoe ons mense beoordeel hang baie van ons geestesoë af. In Matteus 7:1-6 het Jesus gepraat van die balk in jou eie oog en die splinter in jou broer s’n. Sielkundiges praat van projeksie en daar is baie oor die onderwerp geskryf. (Sien https://en.wikipedia.org/wiki/Psychological_projection.)

Oordenking:

Paulus het vir die Efesiërs gebid dat hulle: “geestesoë so verhelder dat [hulle] kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het” (Efesiërs 1:18).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wie is ons

Die doel van hierdie leesplan is om geloof in die betroubaarheid van die Here en die Bybel te versterk. Die leser moet verkieslik 'n Bybel byderhand hê. Om 'n oordenking in te neem, raai ek aan dat ten minste 15 minute d...

More

Ons wil graag Urban Edge Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.urbanedge.org.za/church-online/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid