Leesplan inligting

Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 4 VAN 30

“Moenie terneergedruk wees nie, want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees" (Nehemia 8:10b NLV).



Jy het 'n vyand wat begeer dat jy in 'n gedurige toestand van aftakelende depressie en moedeloosheid sal leef. Hierdie vyand kan nie die feit verander dat jy aan die hemel gebonde is en die ewige lewe aan jou gewaarborg is nie. Aangesien hy nie in staat is om jou ewige toekoms te verander nie, wil hy jou oorvloedige lewe verwoes.



Jy het 'n God wat begeer om jou met sy vreugde te vul! Dit is God se wonderbaarlike, ewigdurende vreugde wat onoorwinlike krag, hierdie kant van die hemel se heerlikheid, aan jou lewe sal gee.



Die duiwel wil nie hê dat jy sterk moet wees nie. Hierdie duiwelse voorwerp van bespotting en algehele onbeduidendheid, wil hê dat jy die swakste weergawe van jouself moet wees. Die bedrieër van God se volk gaan op een enkele manier te werk: die duiwel probeer om jou vreugde te steel.



Die duiwel wil nie net jou huwelik, jou gesondheid, jou finansies, jou kinders of jou verhoudings ruïneer nie. Wat hy eintlik wil hê, is jou vreugde. Die manier waarop hy toegang tot jou vreugde probeer verkry, is deur jou huwelik, gesondheid, finansies, kinders en verhoudings.



Moenie toelaat dat die duiwel jou van jou vreugde ontneem nie! Staan voet by stuk ... van aangesig tot aangesig ... voor die aanklaer van die broeders en staar hom vas in die oë. Hou vas aan jou vreugde en verklaar aan hom:



“Duiwel, jou swak, neulende, onvolwasse karikatuur van alles wat onheilig is, jy sal nooit my vreugde steel nie. Een van ons sal die onderspit delf — en dit is nie ek nie!"



As jy jou vreugde aan die vyand oorgee, sal dit jou in 'n swak, neulende en nuttelose Christen verander, want "die blydskap wat die Here gee, is jou krag". Behalwe vir jou redding, glo ek dat jou vreugde die waardevolste produk is wat jy ontvang het solank jy hier op aarde lewe.



Die kragtige gawe van vreugde, is in staat om gedurende jou dae van pyn en trauma, onoorwinlike krag aan jou te gee. As daar iets is wat die duiwel meer as 'n Christen haat ... is dit 'n vreugdevolle Christen.



Hou vas aan jou vreugde. Moenie jou vreugde ooit los nie, want vreugde is wat jou die krag sal gee om te veg en om elke dag van jou lewe voort te gaan!



Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Hoe gee vreugde krag aan die lewe van 'n Christen?
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ont...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid