Leesplan inligting

Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 8 VAN 30

My "gesondste" verslawing het begin toe ek as klein dogtertjie in die vroeë oggendure saam met my pa gekuier het. Ek sou die trappe afslinger terwyl die res van die huis nog vas slaap. My pa sit dan by die kombuistafel met 'n stomende koppie koffie, mildelike met melk aangevul. Voor my geliefde aardse vader het die Bybel oopgelê.



Wanneer ek my teen my pappa aanvly met my deurmekaar lang blonde hare en gekreukelde slaapklere, begin hy met my oor die Bybel gesels.



Hy het aan my die verhale van Dawid … en Abraham … en Noag … en Ester vertel. Hy het selfs vir my sy gunsteling Psalms aangehaal.



Pa het my vertel van Paulus se sendingreise en van Petrus se dapperheid.



Wanneer die res van die huis begin roer, gly ek stil van die tafel af weg en begin my gereedmaak vir die dag. Tog is 'n behoefte in my gevul … ek het tyd saam met my aardse vader en hemelse Vader in die Woord van God deurgebring. Ek het soos die rykste dogtertjie ter wêreld gevoel.



Alhoewel daar byna 'n halwe eeu verloop het sedert ek saam met my pa in dieselfde huis gewoon het, kan ek steeds nie 'n dag begin sonder om waardevolle tyd in die Woord van God deur te bring nie.



Daar is 'n leemte in my wat slegs gevul kan word deur die krag wat in die Bybel te vinde is.



Ek voel dat ek myself en die wêreld waarin ek leef ingeloop het, as ek nie tyd afgestaan het om die Psalms of die boek Johannes of een van die sendbriewe gelees het nie.



My verslawing aan die Bybel, laat alle ander aardse verslawings, goedkoop en van koers af lyk. Die oggende wat ek met die Bybel oop voor my deurbring, is dae van diepe vervulling.



Ek kom na Hom toe, net soos ek is … deur die slaap, verkreukel en deurmekaar. Hy kyk na my met liefde in sy oë en roep my weg van die tydelike genietinge van hierdie wêreld. Hy weet, deur Hom te kies en alles wat Hy is, sal ek uiteindelik vervulling, doel en rus ontdek.



Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Wat is jou gunsteling Bybelvers?
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ont...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid