Leesplan inligting

Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 9 VAN 30

Die lewe vlieg verby, nie waar nie? Tyd dreun verby met verskonings aan niemand nie.



Tyd is 'n sneeustorting wat lyk of dit al vinniger versnel soos die jare in 'n waas van herinneringe, hartseer, geluk en uitdagings verbyvlieg.



Hoe kan ons hierdie kosbare produk, wat "tyd" genoem word, gryp en vashou? Waarom gly die lewe deur ons vingers soos water deur 'n sif?



Een van die gewaarwordings wat 'n lewe as glorieryk ag, is dat hierdie lewe nie bedoel was om vir ewig aan te hou nie.



Die heerlikheid van die lewe word juis gevind in die gewisse sekerheid dat dit van verbygaande aard is. Die lewe beweeg altyd vinnig en doelgerig, nie waar nie?



Niks bly ooit dieselfde nie, en dit is wat elke oomblik so 'n groot gawe maak en elke gewone dag, 'n skat van ewige waarde maak.



Een van die duurste lesse om algehele vreugde en verwondering uit die lewe te kry, is die vermoë om 'n dankbare hart deur elke tydperk te handhaaf.



'n Lewenstyl van danksegging het die wonderbaarlike krag om beproewinge in oorwinnings te omskep en ontwikkelende pyn in 'n doel te verander.



Leer om dit wat jy vandag het te waardeer, voordat tyd en berou jou dit wat jy gister gehad het, laat waardeer.



Onthou jy al die dinge wat jy beplan het om te doen … al die wonderlike dinge waaroor jy gedroom het om in jou lewe te bereik? Jy moet dit gaan doen … vandag, indien moontlik.



Môre is nie aan ons belowe nie … en vandag is die grootste gawe wat ooit gegee is.



Ons is nie regtig vir "tyd" geskape nie. Ons is wesens van die ewigheid; dus is hierdie lewe nie al wat ons definieer, vervul of vernuwe nie.



Vandag sal soos dou op die gras verdamp. Die waarde wat die lewensdamp wat aan ons gegee is, bepaal ... word gevind in die onskatbare en oneindige dinge waaruit die ewigheid bestaan.



"God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie" (Prediker 3:11).



Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: As jy raad aan 'n 18-jarige kon gee, wat sou dit wees?
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ont...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid