Leesplan inligting

Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 7 VAN 30

In die middel van jou gesig, halfpad tussen jou brein en jou hart, is 'n opening wat jou "mond" genoem word. Binne die mond is 'n spier wat omtrent 'n halwe kilogram weeg en wat bekend staan ​​as jou "tong".



Jou tong is vir 'n rede tussen jou brein en jou hart geleë. Jou brein en jou hart het die onbenydenswaardige krag om beheer uit te oefen oor elke woord wat jou tong sê.



Jou tong is moontlik die kragtigste en invloedrykste spier in jou hele liggaam … maar dit word beheer deur jou gedagtewêreld … en deur jou emosionele voorkeure.



"Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe" (Spreuke 4:23).



My hart wil nie beteuel word nie, maar wil sy lelikheid oor die mense in my wêreld uitstort. Die Bybel sê nie om aan jou hart uitdrukking te gee nie ... dit sê jy moet versigtig wees wat daarin omgaan.



En dan … asof my hart nie genoeg is om te hanteer nie … is my gedagtes ook nog daar.



"Want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos. Dit is hoe hy is" (Spreuke 23:7).



Ek weet nie hoe dit moontlik is nie, maar dit is … as ek dit dink … dan word ek wat ek dink.



“Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur” (Psalm 26:2).



Ek moet my eie wil op die ondersoektafel van die groot Geneesheer neerlê en Hom toelaat om hart- en breinchirurgie op my uit te voer.



My tong is nie my probleem nie — dit is die infeksie wat in my hart skuil en die kieme wat hulself aan my denke geheg het.



Dis net die groot Geneesheer wat in staat is om die siekte te genees wat ek toegelaat het om diep in my te sweer.



Namate ek genees word, word ek meer soos Hy. Terwyl ek genees, begin ek dink soos Hy dink … ek begin voel wat Hy voel … ek begin om woorde te sê wat sy tong sou praat.



Wanneer die groot Geneesheer uitgenooi word om my geestelike en emosionele plaag te behandel, verwyder Hy nie net die infeksie nie … maar Hy maak my wonderbaarlik net soos Hy.



Vreugdevolle Gedagtes om te Oordink: Waarom leer die Bybel ons: “Dood en lewe is in die mag van die tong”?
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ont...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid