Leesplan inligting

Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 3 VAN 30

In graad vyf het my geliefde onderwyseres, juffrou Sullivan, haar nuuskierige klas van 11-jariges geleer, wanneer 'n sekere woord gedefinieer word, moet die woord nie self in die definisie herhaal word nie. Die reël wat juffrou Sullivan aan haar gretige studente geleer het, is 'n aanvaarde grammatikale reël wat die meeste kundige skrywers en woordsmede vanselfsprekend volg.



Ek het egter ontdek dat dit byna onmoontlik is om die woord "vreugde" te definieer, sonder om die woord op sigself ook in die definisie te gebruik nie.



Die Hebreeuse definisie van die woord "simchah" is: “vreugde, vrolikheid, blydskap, die vreugde van God.”



Die Griekse definisie van die woord "chara" is: “vreugde, blydskap; die rede wat tot iemand se vreugde aanleiding gee.”



As gevolg van my frustrasie om grammatikaal-korrek te wees ... en te weet dat die inhoud ontbreek deur 'n woord in sy eie definisie te gebruik, het ek besluit om 'n bietjie dieper te delf en het moedig probeer om die gronddefinisie van die woord "vreugde" op te spoor.



Die definisie: "vreugde bewerk deur die Heilige Gees" het 'n bietjie sterker aanklank in my gefrustreerde siel gevind, want dit het die Heilige Gees ten minste erkenning gegee.



Toe kom ek uiteindelik op hierdie definisie in 'n Hebreeuse woordeboek uit wat ek in my pa se argaïese biblioteek gevind het: "die seën wat die Here om die troon van God self geniet."



Alhoewel hierdie definisie 'n afleiding van die woord "vreugde" in die vorm van "geniet" gebruik, het ek volkome saamgestem met hierdie oudtydse betekenis wat ek in die stapels stowwerige boeke met esel-ore gekry het.



Vreugde skep die hemelse atmosfeer. Dit is die lug wat God die Vader self elke dag van die ewigheid inasem. Omdat vreugde die hemelse geskenk aan my is terwyl ek op die aarde beweeg, is dit my vreugde en krag om die seën te ervaar wat God op sy troon geniet.



Sjoe ... sit dit in jou hart en droom daaroor!



Vreugde is God se geskenk aan ons terwyl ons ons in sy teenwoordigheid aanvly en ons verlustig in alles wat Hy is en alles wat Hy gee.



Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Watter paar praktiese dissiplines kan jy in jou lewe toepas om "jou vreugde te behou"?
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ont...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid