Leesplan inligting

Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 30 VAN 30

Toe ander net reuse en nederlaag gesien het … het Josua en Kaleb verkies om hul oë op die mag en krag van hul God te vestig.



Toe ander die stem van God verontagsaam het … het Josua en Kaleb God se stem gehoor.



Toe ander stert tussen die bene weggehardloop het … het Josua en Kaleb die Here met hul hele hart gevolg.



Nou was Kaleb 'n ou man en het weer voor 'n keuse te staan gekom.



Sou hy nou agteroor gaan sit of sou hy en Josua God se volk na groter oorwinnings lei?



"Ek was veertig toe Moses, die dienaar van die Here, my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te verken. Ek het aan hom verslag gedoen soos ek sake gesien het, maar my medeverkenners wat saam met my gegaan het, het die volk se hart laat verstyf van angs.



Ek het die Here my God getrou gevolg, en Moses het my daardie dag met 'n eed belowe: 'Die gebied wat jy deurgestap het, sal jou en jou nageslag se permanente besitting wees omdat jy volhard het in jou trou aan die Here my God'.



Van die tyd af dat die Here dit vir Moses gesê het toe Israel deur die woestyn getrek het, het die Here my in die lewe laat bly soos Hy beloof het, vyf en veertig jaar lank. Ek is nou 'n man van vyf en tagtig, maar ek is vandag nog net so sterk as die dag toe Moses my uitgestuur het. Ek kan nog gaan oorlog maak en behoue terugkom.



Gee my nou asseblief die bergwêreld waarvan die Here daardie dag gepraat het" (Josua 14:7-12a).



Op sy vyf en tagtigste verjaarsdag, vra Kaleb dat God aan hom nog 'n bergwêreld moet gee!



Kaleb verklaar dat sy krag nog nie afgeneem het nie en dat hy moed vir nog gevegte en berge het.



Een man … of een vrou … gevul met die krag van God … kan meer gevegte wen as wat getel kan word!



Watter berg is aan jou toegewys?



Ek weet dat gebede beantwoord sal word en die stem van God gehoor sal word … net omdat ek en jy die oproep van Josua en Kaleb in ons oomblik van die geskiedenis geantwoord het.



Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: In Hebreërs 11 word geloofshelde in die "Saal van Beroemdes" gelys. As die Heilige Gees oor jou lewe moes skryf, wat sou Hy sê?



Praktiese Toepassing:



Sal jy vandag vir my 'n e-pos na carol@carolmcleodministries.com stuur? Vertel my hoe hierdie oordenking jou gehelp het en waarvoor ek vir jou kan bid! Ek sien uit om van jou te hoor!
Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ont...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid