Leesplan inligting

Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 2 VAN 30

Die Woord van God is 'n wonderbaarlike geneesmiddel en is ook 'n wyse en getroue raadgewer. Die woorde in die Bybel is soos kragtige vitamiene van die allerbeste soort! 'n Daaglikse inspuiting van vreugde is miskien net wat die groot Geneesheer vir jou lewe beplan het.



“U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is" (Psalm 16:11).



Vreugde word oral gevind waar Hy is.



Hy is in elke sonsopkoms en sonsondergang.



Sy teenwoordigheid is sigbaar in die eerste lenteblomme en in die glorieryke herfsblare.



Sy stem word gehoor in die simfonie van aanbidding en in die laggie van 'n baba.



Hy word gevind waar Hy weduwees en ouers met gebroke harte vertroos.



Hy is daar in die saaiheid van die daaglikse lewe wanneer die skottelgoed hoog opgestapel is, die hoop wasgoed soos 'n berg lê en daar geen einde aan die rekeninge is nie.



Hy is daar in die eindelose dae van eensaamheid en in die hope sneesdoekies langs jou bed.



As ek deur die misleiding van my emosies oorval word, dan het ek regtig net meer van Hom nodig.



Wanneer my vreugde begin vervaag en deur eensaamheid of terneergedruktheid vervang word, word ek saggies deur die Heilige Gees herinner: "Carol … as jy 'n gebrek aan vreugde het ... raai wie het beweeg?"



Al die vreugde wat ek ooit aan hierdie kant van die hemel nodig sal hê, is by Hom te vinde. Ek vind dit wanneer ek meedoënloos meer van Hom en minder van myself kies; ek vind dit wanneer ek die waarde van intimiteit met die Minnaar van my siel verstaan.



As jy die behoefte het dat vreugde meer prakties as digterlik moet wees, kan hierdie voorstelle jou miskien tot die moontlikheid van vreugde aanmoedig:



Kies 'n Skrifgedeelte waarin die woord "vreugde" voorkom en memoriseer dit.



Sing 'n gunsteling aanbiddingslied.



Fluister 'n gebed, nie vir jouself nie, maar vir iemand anders.



Lees jou Bybel daagliks vir minstens vyf minute.



Nooi mense na jou huis toe om te bid.



Vreugde is 'n strawwe dissipline waar net dié wat raad-op is, die dapperheid het om dit te kies. Ek moet sy teenwoordigheid kies, ten spyte van die wêreld wat om my woed. Die vreugde van sy teenwoordigheid is gewaarborg om jou tot oorlopens toe te vul en sal aan jou die wonderlike gawe van 'n oorvloedige lewe gee.



Vreugdevolle Gedagtes om te Oordink: Skryf jou definisie van die woord "vreugde" neer.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ont...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid