Leesplan inligting

'n Vrugbare LeweVoorbeeld

A Fruitful Life

DAG 9 VAN 9




Kyk rond en vra jouself af: "Waaraan bestee ek die meeste van my tyd? Wat sê hierdie gedrag van my?"


Met elke tree wat jy neem, stem jy vir die soort mens wat jy wil word. Soos Paulus egter in Romeine 7 sê: "Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek." Klink dit vir jou bekend? Die goeie nuus is ...


1. Jy is nie alleen nie


2. Daar is 'n oplossing


Een van die belangrikste struikelblokke tussen wie jy is en wie jy wil wees, is selfbeheersing. Hoekom maak selfbeheersing saak? Hoekom kan ons nie sommer net doen wat ons wil nie? Want ons wil vry wees.


Die werklikheid is dat jy óf deur jou begeertes beheer word óf jy laat die Heilige Gees toe om jou te bemagtig om jouself te beheer.


As ons nie onsself dissiplineer en beheer oor ons eie optrede neem nie, maak ons onsself kwesbaar vir versoeking, die invloed van die wêreld, van die vyand, en van sonde. Dit maak dit baie moeilik om die vorige vrugte van die gees uit te leef. Hoe kan ons liefhê as ons voor haat swig? Hoe kan ons vrede hê as ons jaloesie in ons harte toelaat?


Is dit nie interessant dat selfbeheersing as die laaste vrug van die Gees gelys word nie? Dit maak sin as jy na Galasiërs kyk. Dit wys vir ons dat om nie verwaand te raak nie, ons selfbeheersing nodig het om in pas met die Gees te bly.


Die perfekte voorbeeld van hierdie vrug, selfbeheersing, word in Jesus gevind. Jesus is die één persoon wat sy hele lewe volmaakte selfbeheersing gehad het. Hy het nooit ooit gesondig nie. Dink aan daardie soort selfbeheersing! Hy het nooit op versoeking gereageer nie.


Jy mag dalk dink, "Wel, Jesus moes 'n heel ander lewe as ek gelei het."


Beslis nie! Trouens, die Bybel sê: "Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie." (Hebreërs 4:15)


Hoe neem ons dus oor ons eie gedagtes en optrede beheer?


Volg hierdie ses punte om selfbeheersing in jou lewe te begin ontwikkel:


1. Vernuwe jou verstand met die Woord van God


2. Bid om hulp van die Heilige Gees


3. Bely jou gewoontes voor God en ander


4. Identifiseer en verwyder dinge wat aanleiding gee


5. Onthou die evangelie wanneer jy misluk


- Michael Oquendo, VP van Bemarking en Kommunikasie


Om met David Villa te skakel, Klik hier!


Om op David se potgooi in te teken, Klik hier!


Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

A Fruitful Life

Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid