Leesplan inligting

'n Vrugbare LeweVoorbeeld

A Fruitful Life

DAG 7 VAN 9

Om getrou te wees, begin deur een klein treetjie te neem.


Om egter 'n ware geloofstree te neem, kan skrikwekkend wees.


Jy gee die sleutels van jou lewe oor aan 'n God wat jy nie fisies kan sien nie. Op grond van 'n unieke kombinasie om die evangelie te hoor en deur God te ervaar, het jy gekies om Hom te vertrou sonder om te weet wat volgende kan gebeur.


Die gesegde dat God op 'n misterieuse wyse werk, is waar, maar wanneer dit by 'n geloofstree kom, wil ons geen geheime hê nie! Ons wil weet, ons wil verstaan, maar ons kan onmoontlik die innerlike werking van God ken en verstaan nie.


Dit is skrikwekkend.


Omdat geloof vereis dat ons beheer moet prysgee, dwing dit ons om die stuurwiel te laat los, en nie ons hande terug te beweeg nie.

Ons moet genoeg op die Here vertrou om te sê: “Ek gee oor, lei my asseblief na my bestemming.”

Die goeie nuus is dat Hy dit altyd doen, maar die skrikwekkende nuus is dat dit tot kinkels en draaie langs die pad kan lei.


Wat beteken dit dan om in geloof en nie deur sig te wandel nie? Het jy al ooit jou geloof bevraagteken? Hoe vertrou jy God in moeilike tye?


Dit is gebaseer op die betroubaarheid van God.


Dit is die vrymoedigheid en vertroue in God wat nodig is om die dinge te verkry waarna ons smag, maar nog nie sien nie. Geloof het God ingenooi om namens ons te werk. Selfs al sien ons God nie nou werk nie, vertrou en glo ons dat Hy ons voorberei vir seëninge en verligting van die dinge waarvoor ons in die toekoms te staan gaan kom.

Hier is sewe kenmerke van geloof wanneer ons oor God se getrouheid nadink. God se getrouheid beteken:


· Geloof is genade, 'n bonatuurlike gawe van God


· Geloof is seker


· Geloof soek na begrip


· Geloof is nie gekant teen die wetenskap nie


· Geloof is nodig vir verlossing


· Genade maak geloof moontlik


· Geloof is die begin van die ewige lewe


Jou wagperiode is nie verniet nie; God is aan die werk. Die Een wat vir jou drome gegee het, sal die Een wees wat dit laat gebeur. Soms laat God ons wag, sodat Hy verheerlik sal word deur die goeie wat kom. Ons kan nie moedeloos raak gedurende die oponthoud sodat ons opgee om na ons doel te strewe nie.

Behou jou geloof. Ek weet dit is moeilik, maar God is getrou!


Koester die seëninge wat sal volg, want ons God is betroubaar!


- David Villa, stigter en Uitvoerende Hoof


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

A Fruitful Life

Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid