Leesplan inligting

'n Vrugbare LeweVoorbeeld

A Fruitful Life

DAG 3 VAN 9

Vrede, soos geloof, is iets wat maklik is om te verstaan, maar moeilik om te bekom, en selfs nog moeiliker om te midde van onrus te behou.


Baie verkondig vrede, maar vrede wat die lewensstorms oorbrug, kom direk van die Here af. As ons vrede in ons siele het, kan die struikelblokke in ons lewens ons nie daarvan beroof nie.


Dit is in ons teenwoordig ten spyte van alle teenstand en probleme in ons lewens. Wanneer ons onthou dat ons hoop in 'n onwrikbare, getroue God gevind word, kan niks ons van ons vrede beroof nie.


Dit is seker dat ons uitdagings in ons lewens sal trotseer.

Swaarkry, frustrasie en hartseer is byna onmoontlik om te vermy. In baie gevalle kan hierdie omstandighede ons onseker laat voel, maar 'n fondament wat in die regte verhouding met die Here is, bied ons 'n innerlike (en ewige) versekering dat ongeag ons omstandighede, sy vrede by ons is.


Soos 'n kind wat 'n storm in die nag beleef, voel ons bang tydens tye van onsekerheid. Ons hardloop dus na ons ouers se kamer vir veiligheid. Alhoewel die storm voortduur, ervaar ons vrede net deur te weet dat ons by hulle is. Filippense 4:7 sê: "En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."


Een van die gewildste liedere van alle tye is: “Dit is wel met my siel.”


Hierdie lied is deur Horatio Spafford geskryf en handel oor sy emosies toe al vier sy dogters in 'n skipbreuk gesterf het. Hierdie tragedie het Horatio en sy vrou, Anna, geestelik lamgelê. Tog, het dit hom geïnspireer om hierdie aandoenlike lied te skryf.


Ten spyte van die verwoestende tragedie, het Horatio se geloof en vertroue in die Here hom genees en vrede gebied. Hy het nie nodig gehad om te verstaan om in die Here se vrede te bly nie.


Die pyn wat hy moes deurmaak, sou die meeste mense ondergekry het, maar hy het staatgemaak op God se vrede om hom te dra. Hy het God vertrou ten spyte van sy omstandighede, terwyl baie mense onder die gewig van hierdie soort hartseer sou ingee.


Dit is die krag van God se vrede wat in ons lewens werk.


DIT is innerlike, ewige vrede.


En ware, blywende vrede kan eenvoudig nie op enige ander manier gevind word nie.


- Diana Villa


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Fruitful Life

Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid